Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bushriver Lodge

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.6/5

Inez Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 jaar

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 4 resensies vir Bushriver Lodge
Netheid
3.0/5
Diens
3.3/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
2.8/5
Magie M - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magie M

Awesome.

The best ever. Thank you Inez for the hospitality. She communicated with us from morning till we arrived.

Renè M - Feb 2022
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Renè M

Pragtige uitsig. Mooi kamer.

Ons was baie teleurgestel in die hele besigheid. Ons het dit as selfsorg gesien maar blykbaar was daar 'n kombuis wat ons moes deel maar ons het nie daarvan geweet nie. Ek kan nie dink mens betaal die bedrag vir net 'n baie mooi hotelkamer met 'n mooi uitsig nie. Die naaste eetplek is 17 km ver. Daar is net 'n klein bar fridge en ketel en 2 koppies. Verder niks. Regtig moeilik om daar te oornag. Tydens kragonderbreking was daar geen lig nie. Daar was 'n kers sonder vuurhoutjies. As ek dit kan vergelyk met die vorige nag se verblyf in Ohrigstad wat 'n woderlike belewenis was vir minder geld en ontbyt ingesluit met net so 'n mooi uitsig was die plek swak. Jammer.

Yolandie M - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Yolandie M

Heerlik stil met 'n pragtige uitsig

Ons het baie lekker gerus en die stoep met 'n direkte uitsig op die rivier was die kersie op die koek. Die eenheid was netjies. Ek dink deur net aandag aan 'n paar klein dingetjies te gee, sal dit nog beter kan word. Ons kamer was nie elke dag skoongemaak nie (alhoewel dit so onder die oorsig geadverteer was). Een rolletjie toiletpapier vir 2 mense vir 2 nagte is bietjie skraps. Die klankie van die septiese tenk was nogal sterk wanneer die bad se prop uitgetrek was (nie seker of iets daaraan gedoen kan word nie). Ek dink tog die yskassie kan darem 2 waterbottels, koeldrank en miskien 'n soetdingetjie inhê. Ons sou glad nie omgee om daarvoor te betaal nie. Die lodge is nogals ver van die naaste dorp af en dit sou dit net bietjie meer gerieflik gemaak het. 'n Lekker kussing vir die stoele op die stoep sou ons nog langer op die stoep gehou het. Dis maar klein dingetjies en was vir seker nie 'n 'deal-breaker' nie. Ons sal definitief graag weer in die toekoms daar wil bly.

Johan V - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
1/5
Johan V

Teleurgesteld.

Vertroud met lodge, jare terug daar vakansie gehou en dit was uitstekend. Ongelukkig uiters teleurgesteld. Vir seker nie 4-ster. Dankbaar dit was net vir een nag. Die fasiliteite is nog goed, maar baie herstel werk nodig. Kamers was nie op standaard skoon nie. Ek glo die nuwe eienaars sal vir seker nog opknappings maak en het planne om dit te verbeter. Maar tans vir seker nie die geld werd nie.

Vanaf
Vanaf R1 875
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 875
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 1 Oxford Plaas, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfae8cd22b9460795c62b0731d35c4461591fc8425049840eacf45b124411880922c6cb7e8f90ae734a0d7871473bd989e25c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 875 per nag, vir 2 mense 4 5 1 4 Portion 1 Farm Oxford Hoedspruit 1380 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.224294317514 30.818793475628

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang