Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bushveld Symphony

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeistraat 2483, Marlothpark, 2162, Mpumalanga
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bushveld Symphony is 'n gerieflike dubbelverdieping-selfsorghuis in Marlothpark, 'n 3000 ha-wildbewarea en vakansiedorp op die suidelike grens van die Krugerwildtuin, tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga. Die huis is ideaal vir natuurliefhebbers en die naam Bushveld Symphony moedig gaste aan om na die voëlgesang en al die geheime geluide van die nag te luister. Daar is koedoes, vlakvarke, en soms kameelperde of sebras wat besoek aflê. Drie bosbokke woon in die bos naby die eenheid en 'n pragtige muishond is ook nie skaam om homself te wys nie.

Dié huis het slaapplek vir 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer op die grondverdieping het 'n koningingrootte-bed met lugversorging en 'n privaat badkamer met 'n bad. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens, onderskeidelik. Gaste in hierdie slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dit lei na 'n privaat balkon met sitplek en 'n effense uitsig oor die rivier. Daar is ook 'n kombuis met 'n gasstoof en 'n yskas. Die boonste solderkamer is 'n oopplan-slaapkamer met 2 enkelbeddens wat ideaal is vir kinders en dit beskik ook oor 'n gehalteslaapbank en 'n skuifdeur wat na die uitkyktoring en die balkon lei.

Dié huis spog met 3 lugversorgingseenhede en het 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër.

Gaste kan in die swembad langs die braaiput afkoel. Die braaigeriewe sluit 'n groot rooster in wat 'n groot gesinsgroep kan akkommodeer. Daar is glas-skuifdeure wat direk na die eetkamer en kombuis lei wat kuier maklik maak. Die huis het 'n groot onderdakstoep met 'n tafel met sitplek vir 12. Daar is ook 'n swembad, braai-area en 'n uitkyktoring.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Portugees

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Henry S
Gesin met tieners
5.0
Hoogs aanbeveel, sal definitief weer wil besoek. Baie lekker huis met al die nodige geriewe. Ligging is puik naby die rivier waar daar altyd iets is o...
Sien meer
Mrt 2024
Elizabeth R
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderful stay at Bushveld Symphony. Had a wonderful stay at Bushveld Symphony. Marelize kept in contact up to our arrival and Alberto,...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2023
Maria D
Gesin met tieners
4.8
We all loved the place, lovely surroundings. I would not recommend using a normal car, but rather a double cab or 4 x 4.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2023
Hylie O
4.8
Fantastiese plek vir 'n familie kuier! Ons almal, jonk tot oud het dit baie geniet en sal graag weer wil gaan.
Jun 2023
Alan K
4.4
Comfortable stay, excellent position, highly recommended. Bushveld Symphony could easily be a normal, granted large, family home. The a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Marelize Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 8

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Seekoeistraat 2483, Marlothpark, 2162, Mpumalanga
  • Gaste dink Bushveld Symphony het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeistraat 2483, Marlothpark, 2162, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAk3Hs2CHghIbcgOOaqJ5zbch1c3ROCaqhqk41vJv0JnX7L78SCD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense 8 5 1 5 2483 Seekoei Street Marloth Park 2162 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.336924517339 31.785136738985

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang