SeeVakansie Huis
Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bushwillow-singel 59, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
-
Vanaf
R10 780R9 702 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
SeeVakansie Huis is 'n ruim selfsorghuis vir 8 gaste in die gewilde dorp Jeffreysbaai. Dis net 400 m van die strand af.
Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -eeraea en 'n binnebraai. Die eerste slaapkamer is onder en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die ander 3 slaapkamers is bo. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad, die derde kamer het 'n dubbelbed en die vierde kamer het 'n stapelbed vir kinders. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die toonbank of die etenstafel met sitplek vir 9 geniet.
Gaste kan in die eerste verdieping of grondverdieping se sitkamers ontspan. Daar is ook 'n binnebraai-area.
Die leefarea maak op 'n lieflike stoep met 'n ingeboude braai en 'n uitsig oor die omheinde tuin oop. Die tuin is ideaal vir honde.
Jeffreysbaai bied verskeie doendinge, soos branderplankry, swem, snorkel, visvang, walviskyk, sandplankry, perdry, wandel in die Kabeljous Natuurreservaat, bergfiets- en vierwielmotorfietsry en gholf. Gaste kan ook die Jeffreys Bay Surf of Shell Museum besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Yolanda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Bushwillow-singel 59, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink SeeVakansie Huis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wavecrest Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bushwillow-singel 59, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang