Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bushwillow Private Villa

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kierrieklapperstraat 665, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Vanaf R8 190 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Bushwillow Private Villa is op die Hoedspruit Wildlandgoed en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, aktiwiteite en besienswaardighede.

Die villa bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n binne- en buitestort, 'n bad, toilet en 'n wasbak. Dié suite het ook direkte toegang tot die stoep en 'n houtdek. Die tweede en derde slaapkamer het elk ’n dubbelbed en gebruik ’n badkamer wat ’n stort, bad, toilet en ’n wasbak het.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is gemaklike banke in die sitkamer, asook 'n TV met Netflix en Showmax. Die eetarea het oorgenoeg sitplek en gratis WiFi word voorsien.

Gaste het toegang tot lieflike braaigeriewe, 'n boma-area en 'n swembad. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.

Die hele villa word omring deur die mooiste Afrika-bos wat die tuiste is van wild soos koedoes, waterbokke, impalas, vlakvarke, kameelperde en sebras. Die voëllewe is fantasties en gaste kan die landgoed te voet, per fiets, op perde of in hul eie voertuie verken.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Mike Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 6

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Kierrieklapperstraat 665, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Bushwillow Private Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 8 190
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 8 190
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kierrieklapperstraat 665, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxxlPzTSR5sIScHWafmFSojPdasAjAMsNIaaa12bPth7sZOssDm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 190 per nag, vir 6 mense 1 5 1 5 665 Kierrieklapper Street Hoedspruit Wildlife Estate 1380 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.352350902973 30.970522224537

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang