Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

ByDi-C

Selfsorg
Op die Nippertjie-aanbod 20% af

Kry 20% af op alle besprekings wat 5 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Edward Place 11, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 300 R2 640 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

ByDi-C is net 60 m van die strand af geleë en is 'n ruim selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Ballito. Dit is 'n ideale opsie vir 'n gesinsvakansie want dit is stapafstand vanaf die Ballito Marine-parade en vele ander besienswaardighede.

Dié dubbelverdieping-eiendom kan tot 10 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers asook 'n gastetoilet. Elke slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die 4 badkamers het óf 'n bad en 'n stort óf net 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n eetarea en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel, 'n sitarea en 'n ingeboude braai. Boonop lei hierdie patio na 'n sprankelende swembad waar gaste kan afkoel en son kan vang op daardie warm somersdae. Die ligging van hierdie eiendom is ongeveer 200 m vanaf lieflike winkels en restaurante wat gaste kan verken.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 5 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.2
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Gerdi Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 8

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Edward Place 11, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink ByDi-C het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 300
R3 300 R2 640
per nag (plek vir 10)
Vanaf R3 300
R3 300 R2 640
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Edward Place 11, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf31ef76fa81b12e9ca955cb42a9d2168a0e965109d409ed04067577aac2007d3558b64da6211684585955d318798ef4f7ad7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 300 nouVanaf R2 640 per nag (plek vir 10) 5 5 1 5 11 Edward Place Ballito 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.542407900987 31.21621604107

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang