C Horizon
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Claude Urbanrylaan 16, Myoli Beach, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
C Horizon is 'n nuut-opgeknapte vakansiewoonstel teen die strand met 'n see uitsig en direkte, privaat toegang tot die pragtige Myoli-swemstrand. Die woonstel is in ‘n veilige omgewing en het goeie sekuriteit.
Die ruim woonstel is geheg aan die eienaars se woning en is op die eerste verdieping. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar op die grondverdieping onder die huis. Daar is ook braaigeriewe waar gaste op 'n oop vuur kan braai. Die woonstel word via trappe bereik en daar is 'n stoorkamer onder die huis waar gaste fietse en ander toerusting kan bêre. Die woonstel is baie privaat en net die geruis van die branders is hoorbaar.
Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers, en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders ouer as 10 jaar. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Twee van die badkamers is langs die slaapkamers en kan bereik word sonder om deur die slaapkamers te beweeg. Die eerste badkamer het 'n stort, wasbak en toilet en die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met ‘n elektriese stoof en oond, mikrogolfoond, yskas, vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër toegerus. Koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei word voorsien. Daar is ook 'n tweeplaatgasstoof vir gebruik tydens beurtkrag. Noodligte is ook beskikbaar.
Die oopplan-sitkamer en -eetkamer het 'n etenstafel met 6 stoele, gerieflike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. Hierdie vertrek lei na ‘n ruim stoep met 'n see-uitsig.
Die selfsorgwoonstel word weekliks skoongemaak en die linne en handdoeke word geruil.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Internet koppeling
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Giselle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Claude Urbanrylaan 16, Myoli Beach, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Gaste dink C Horizon het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Myoli Strand Sedgefield Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Claude Urbanrylaan 16, Myoli Beach, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang