Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

C-View

  • Kapasiteit: 56 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kieriehout 6, Hartenbos, 6950, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

C-View is op 'n heuwel met 'n uitsig oor die dorp en die see in die verte.

Verblyf word in die hoofhuis met slaapplek vir 10 en die ateljeewoonstel met slaapplek vir 4 tot 6 aangebied.

Die ateljeewoonstel grens aan die hoofhuis en het 'n privaat ingang. Die oopplan-leefarea het 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die kombuis het breekware, 'n yskas-vrieskas, wasmasjien, stoof-oond. Daar is 'n dubbelslaapbank in die braaikamer met sy eie toilet. Die braaikamer is appart van ateljeewoonstel en het glasskuifdeure wat lei na die stoep. Daar is volledige DStv, Netflix en WiFi. Gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die hoofhuis beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis wat goed toegerus is. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n slim-TV met sekere DStv-kanale en Netflix. Daar is ook WiFi. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, wasmasjien, skottelgoedwasser, oond, stoof, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n braaikamer met 'n gastetoilet en 2 glas skuifdeure wat na 'n stoep lei. Parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar en daar nog 2 parkeerplekke is in die oprit.

Die verblyf word deur 'n omsetter, aangedryf wat die WiFi, ligte, TV en yskaste tydens beurtkrag aanhou.

C-View is 2 km van die hoofstrand, verskeie winkels en restaurante af. Hartenbos bied aktiwiteite soos stap, hengel, swem, warmswembad en kegelspel. Gaste kan walviskyk en die robbe en dolfyne dophou wat tussen Mei en November hier baljaar. Besienswaardighede in die area sluit die Hartenbos Waterpark, die Hartenbos Seefrontwinkelsentrum, ATKV-Hartenbosmuseum van die Groot Trek, die ATKV-oord en vele meer in.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 58 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Stefan H
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker selfsorg eenheid, ingeboude braai was 'n plus, baie lekker gekuier. Ons het lekker gebly, Johan en Caroline was baie vriendelik en het moo...
Sien meer
Des 2024
Shani M
Saam met lewensmaat
5.0
Nothing short of delightful. On our journey to Hartenbos, the host maintained contact with us via WhatsApp, providing us with the pin f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Tia V
Gesin met tieners
5.0
Defnitief goeie waarde vir geld. Ons het heerlik gebly. Die akkommodasie is baie smaakvol en modern ingerig en ook pragtig skoon. Mooi uitsig. Ongeluk...
Sien meer
Feb 2024
Pieter L
Gesin met klein kinders
4.4
Was vir ons as gesin 'n baie lekker saamkuier naweek. Baie mooi uitsig en naby aan inkopie-sentrums en restaurante. Net jammer dis so naby aan die N2,...
Sien meer
Mei 2024
Cornel D
Gesin met tieners
4.4
Johann en Caroline is twee liewe mense wat ons baie tuis laat voel het. Ons het baie gerieflik gebly.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Caroline Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 133

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Kieriehout 6, Hartenbos, 6950, Wes-Kaap
  • Gaste dink C-View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 56 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kieriehout 6, Hartenbos, 6950, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjN4upLqVTPBwaillFfMIEgWZYXaDfjr7WxSzUQKVJFZsYKvLNq?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6) 58 5 1 5 6 Kieriehout Hartenbos 6950 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.127570546362 22.103040185485

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang