C-Vu-Cottage
Kry 10% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cornwallstraat 8, Mosselbaai sentraal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
C-Vu-Cottage is 'n selfsorg tuinwoonstel vir gaste in Mosselbaai sentraal, in 'n boomryke, stil en veilige woongebied. Dit is ideaal vir oornagverblyf of 'n kort wegbreek vakansie.
Die woonstel is op die perseel van die hoofhuis met 'n privaat ingang en kyk uit oor die tuin met 'n gedeeltelike uitsig oor die berge en see. Die woonstel is heeltemal apart en privaat van die hoofhuis. Daar is 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien. Egiptiese linne van hoë kwaliteit word gebruik.
Die kombuisie is op die onderdak stoep met 'n boodrooster, induksie-plaat, 'n mikrogolf, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. 'n Nespresso-koffiemasjien is ook beskikbaar. Alle kombuis toerusting is beskikbaar. Die woonstel het 'n TV met internet en toegang tot Netflix en DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die woonstel maak oop op 'n onderdak stoep met sitplek en toesluitparkeerplek beskikbaar. Braaigeriewe is op versoek beskikbaar.
C-Vu-Cottage is sentraal geleë en stapafstand na Santosstrand en verskeie winkels en restaurante. Die Bayview Hospitaal, Zipline, Mosselbaai Gholfbaan en die sportstadion is minder as 2 blokke weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Corlia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Cornwallstraat 8, Mosselbaai sentraal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink C-Vu-Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sentraal Mosselbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cornwallstraat 8, Mosselbaai sentraal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang