The Milkyway Moi Signature Luxury Home
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 534, Mabula, Zebula C85, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R5 000 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
The Milkyway Moi Signature Luxury Home is 'n selfsorgvakansiehuis op 'n spoggerige landgoed. Dié landgoed lê in die skadu van die Waterbergreeks en beslaan 1600 hektaar bosveld.
Hierdie luukse selfsorghuis het slaapplek vir 12 mense in 4 en suite-slaapkamers met lugversorging. Daar is koningingrootte-beddens in 2 van die slaapkamers en 2 enkelbeddens in elkeen van die ander 2 slaapkamers. Die 2 slaapkamers op die boonste verdieping het elkeen 'n solder met 'n driekwartbed wat ideaal is vir kinders aangesien daar 'n leer is. Daar kan 2 kinders onder 5 jaar op elke driekwartbed in die solder slaap.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorgdoeleindes en beskik oor al die toebehore, soos 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, potte, panne, wasmasjien en tuimeldroër. Die kombuis, eetarea en sitkamerarea is oopplan met 'n kaggel in die middel van die vertrek. Die sitkamer beskik oor gemaklike leerrusbank en 'n platskerm-TV met DStv. Die eetarea het plek vir 10 gaste. Die sitkamer vloei na die onderdakvermaak-area met buitemeubels, sowel as 'n ingeboude braai, 'n Weber-braai en 'n swembad met 'n veiligheidsnet. Gaste kan van hier af die uitstekende uitsig bewonder.
Op die boonste verdieping is daar 'n pool-kamer met 'n kaggel wat toegang bied tot die stoep met buitemeubels, 'n Jacuzzi en 'n uitsig oor die 13de putjie. Aan die regterkant van die huis is daar 'n lapa met 'n vuurput, 'n ingeboude kroeg en 'n buite-etenstafel. Daar is ook 'n boma met 'n vuurput waar gaste lekker onder die sterre kan kuier. Onderdakparkeerplek is vir 4 motors beskikbaar. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit, behalwe op Woensdae en openbare vakansiedae.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Kindermatras vir 2
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.1/5
Hanchen Geverifieer
Eiendomme 27
Resensies 25
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Plaas 534, Mabula, Zebula C85, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink The Milkyway Moi Signature Luxury Home het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 534, Mabula, Zebula C85, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang