Caisa Villa
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R102, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Caisa Villa is 'n lieflike vakansiehuis in die veilige Eden Rock Forest Estate wat in die hartjie van Pennington geleë is. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n rustige vakansie saam met familie en vriende aangesien die eiendom bederf met 'n lieflike swembad en Jacuzzi vir volle ontspanning.
Dié eiendom bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers met lugversorging. Al 3 slaapkamers is ingerig met 'n koninggrootte-bed en die badkamers is óf toegerus met 'n stort óf 'n bad en 'n stort. Een bed kan in 2 enkelbeddens omskep word. Linne word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is in die opwaskamer beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. Komplimentêre WiFi is oral in die villa beskikbaar.
Hierdie leefarea maak oop op 'n binnenshuise spa-kamer met 'n Jacuzzi, ontspanne stoele en 'n etenstafel. Dié area lei na 'n houtdek met 'n swembad en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar vir gaste se voertuie met 24 uur-sekuriteit op die perseel.
Die ligging van hierdie landgoed is reg langs Selborne Gholfklub en is naby die strand en restaurante. Tydens beurtkrag en wateronderbrekings is daar 'n rugsteun-omskakelaar sowel as 'n JoJo-tenk.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Resa Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- R102, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Pennington Kelso KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R102, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang