Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Calamari 9

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ray-straat, Calamari Eenheid 9, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Calamari 9 is 'n selfsorgwoonstel teen die see op 'n pragtige stukkie van Ramsgate se Noordstrand. Dié vakansiewoonstel spog met 'n pragtige uitsig oor die strand en die see. Gaste kan direk van die veranda af na die strand stap, dis net 30 m ver.

Calamari 9 is 'n duplekswoonstel met slaapplek vir 6 gaste in 2 slaapkamers bo. Altwee slaapkamers het koningingrootte-beddens en daar is nog 'n slaaparea langs die sitarea onder met 'n enkelbed en 'n uittrek-bed. Altwee kamers en die sitarea het asemrowende see-uitsigte. Die hoofslaapkamer en die sitarea het lugversorging en daar is 'n plafonwaaier in die tweede slaapkamer. Een van die badkamers is en suite en het 'n bad en dei ander badkamer het 'n stort en wasmasjien. Daar is ook 'n aparte gaste-toilet.

Let op dat die lugversorging van 'n voorafbetaalde meter gebruik maak en dat dit deur die gas aangevul moet word indien dit gebruik word.

Die oopplan-kombuis is met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n tuimeldroër toegerus. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitarea het 'n sitkamerstel met sitplek vir 6 en 'n platskerm-TV met premium Explora DStv en 'n DVD-speler. Die eenheid het ook onbeperkte WiFi (vesel) met Netflix.

Die eenheid het ook 'n ononderbroke kragtoevoerstelsel sodat gaste heeltyd TV kan kyk en WiFi kan gebruik tydens beurtkrag.

Die sitkamer lei na 'n lieflike patio met meubels, ingeboude braaigeriewe en 'n groot grasperk waarop die kinders kan speel. Daar is 'n enkelmotorhuis en die eenheid het 'n alarm en 'n kluis.

Die eenheid word nie skoongemaak nie, maar kan gereël word teen 'n ekstra fooi en handdoeke en linne word voorsien. Onthou asb. om jou eie strandhanddoeke saam te bring.

Die kompleks is loopafstand vanaf Ramsgate en Margate se Blouvlagstrande, Waffle House, en Blue Lagoon Restaurant. Vir diegene wat verkies om te ry sal dit net so 3 minute neem. La Capannina Restaurant en Just So restaurant is ook net 'n klein entjie se stap, 200 m, van hier af.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 60 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Alta S
Gesin met klein kinders
5.0
Vyfster gehalte met die see op jou voorstoep. Stap net oor die grasperk strand toe. Fantastiese verblyf! Sal weer kom kuier. Baie lekker verblyf.
Feb 2024
Chantal H
Gesin met tieners
5.0
Baie netjies en gemaklik. Ons is baie lief vir hierdie eenhede, dit is naby aan swemstrande en die see-uitsig is uitstekend!
Okt 2023
Karin V
5.0
Asemrowend, skoon en pragtig. Ons sal beslis terugkeer, mooiste woonstel met als wat jy nodig het! Uitsig is perfek!
Jan 2023
Emily B
Gesin met klein kinders
4.8
Beach front pet-friendly accommodation. We were a family of 3 (with 2 puppies) and stayed for a week. The location is fantastic, and th...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Zantel B
Gesin met tieners
4.8
Perfekte strand verblyf. Blyplek is netjies, loop afstand van die strand af. en haar span was baie knap en gewillig om te help met alle versoeke. Baie...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Mandy Geverifieer

Eiendomme 88

Resensies 396

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Ray-straat, Calamari Eenheid 9, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Calamari 9 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ray-straat, Calamari Eenheid 9, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA44d3fca1835eb6f5a067dc7012ef31e0723a8872b64bc3551ceafab07e5cde8319d9bce1ffb6d1a246a7bf99dcf14c0e81b2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6) 60 5 1 5 Ray Road Calamari Unit 9 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -30.874566416747 30.362365990877

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang