Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Caledon Lê Plekkie

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Joubertstraat 25, Caledon, 7230, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Caledon Lê Plekkie is 'n gerieflike tuinwoonstel/gastekamer apart van die woonhuis en heeltemal privaat met 'n lekker kuierstoep wat uitkyk oor 'n klein tuintjie. Daar is 'n koffie- en teemaakgeriewe en beskuit in die kamer. Die badkamer is apart van die kamer en daar word vars handdoeke voorsien.

Die woonstel is ook deel van 'n oopplan-selfsorgeenheid wat ingerig is met met 2 enkelbeddens (wat ook as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word op aanvraag). Verder is daar 'n yskas, mikrogolfoond, induksiestofie, potte, ’n pan en DStv. Indien gaste dit so bespreek, deel die persone die badkamer met die gastekamer se gaste.

Daar is ook binne- en buitebraaigeriewe. Jy hoef slegs jou eie hout, vuuraanstekers en dit wat jy wil braai saam te bring.

Die woonstel kan op sy eie bespreek word, of die hele eenheid kan as selfsorg bespreek word. Vra dit net so aan met bespreking.

Daar is onderdakparkeerplek in die agterplaas, veilig agter 'n elektroniese hek.

Daar is ook 2 slaapkamers in die huis beskikbaar wat elk ’n badkamer het. Die kamers word met bespreking afgesluit van die res van die woonhuis en daarom is gaste heeltemal privaat met toegang tot 'n leefarea met 'n TV. Die eenhede het verhit- en eetgeriewe wat 'n yskas en mikrogolf insluit. Gaste kan ook van die buite braaigeriewe gebruik maak indien dit vooraf met die eienaar gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Alberto M
Saam met lewensmaat
5.0
Brilliant. The stay was warm and wonderful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Anna M
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. Dankie vir 'n awesome oorbly en gasvryheid.
Jun 2024
Melaine M
Besigheidsreis
5.0
Comfortable and safe. It was good, we felt safe and our car was also parked safely.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Theuns W
5.0
Gerieflik, rustig, privaat. Uitsonderlike gasvrou.
Jan 2023
Hanri C
Saam met lewensmaat
4.8
Heerlike, verfrissende atmosmeer! Kunstige, versierde oornagverblyf!
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 23

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Joubertstraat 25, Caledon, 7230, Wes-Kaap
  • Gaste dink Caledon Lê Plekkie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Joubertstraat 25, Caledon, 7230, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3d2SzjDcrjoajqZ7uEm5GXncCmfy8m1X1zfNbsBIuqx7vSc4NC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 23 5 1 5 25 Joubert Street Caledon 7230 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.232584431563 19.423629571758

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang