CamBelle at the Beach
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 49, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R14 500 per nag (plek vir 16)
Beskrywing
Cambelle at the Beach is 'n pragtige vakansiehuis met drie verdiepings wat op die strandmeer in Zinkwazi Beach, KwaZulu-Natal, geleë is. Hierdie verblyf is ideaal vir verskeie gesinne wat op soek is na 'n huis waar hulle almal saam die vakansie kan geniet.
Dié huis het slaapplek vir 16 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 5 badkamers. Op die boonste verdieping is daar 4 slaapkamers, almal met toegang tot die balkon, en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, 2 wasbakke en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Gaste in die tweede en derde slaapkamer deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Daar is 'n aparte woonstel op die grondverdieping met 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die vyfde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die sesde slaapkamer het 3 stapelbeddens vir kinders. Die sesde slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne, badhanddoeke en strandhanddoeke word voorsien.
Die middelste verdieping van hierdie huis beskik oor 'n sitarea, eetarea, kombuis, opwasarea en 'n buite-eetarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, lugbraaier, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die opwasarea het 'n mikrogolfoond, ysmaker, skottelgoedwasser, 2 wasmasjiene, 'n tuimeldroër en 'n diepvrieskas. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Daar is 'n groot etenstafel in die eetarea. Die leefarea het deure wat na 'n groot stoep met buitemeubels lei. Daar is ook 'n kuierarea met 'n pooltafel. wat na 'n beskutte stoep met 'n groot etenstafel en 'n braai lei.
Die aparte woonstel op die onderste verdieping het 'n leefarea en 'n kombuisie. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel toegerus. Die sitarea het oorgenoeg gemaklike sitplek, 'n TV en 'n tafeltennistafel. Dit lei na 'n onderdakstoep met buitemeubels. WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n swembad, direkte toegang tot die strand en strandmeer met 'n privaat glybaan en jetty, kano's, staanroeiplanke en 'n dubbelmotorhuis, asook 'n kragopwekker en omsetter vir kragonderbrekings. Hierdie verblyf is naby winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
3 x Kinderstapelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 5
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Nkwazi-rylaan 49, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 49, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang