Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Camelot Cottages

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Scotsville-straat, Long Acres Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Camelot Cottages bied selfsorgverblyf in Long Acres Country Estate, in die kusdorpie Langebaan.

Little Camelot is 'n oopplan-ateljee-eenheid met 'n dubbelbed, en suite-badkamer met 'n stort en kombuisie. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas-kombinasie, stoof, oond, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Ander geriewe sluit handdoeke, 'n haardroër, WiFi en 'n TV in. Buite is daar onderdakbraaigeriewe en parkeerplek van die straat af agter 'n elektriese hek.

Beide Ruby en Emerald is losstaande eenhede wat bestaan uit 2 ruim slaapkamers. Elkeen het 'n badkamer wat met 'n hoekbad en instapstort toegerus is. Kwaliteit linne en handdoeke word voorsien. Elkeen beskik ook oor 'n volledig toegeruste kombuis wat oopplan is na die eetarea en sitkamer met 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale asook 'n kaggel. Ander geriewe sluit tee- en koffiemaakgeriewe en hout vir die eerste braai in. Buite is daar 'n onderdakstoep met braaigeriewe. Ruby is omhein en troeteldiervriendelik en het 'n TV, gratis WiFi en 'n houtvuur-bubbelbad. Emerald het 'n houtvuurbad en troeteldiere word toegelaat volgens reëling, maar daar is geen heining nie. Gratis WiFi, 'n TV en hout vir die kaggel en houtvuurwarmbad is ook beskikbaar.

Doendinge in die area sluit swem, seilplankry, visvang, vlieërbranderry, hengel en gholf in. Besienswaardighede in die area sluit Weskus Nasionale Park, Buffelsfontein Wild- en Natuurreservaat, Langebaan Gholfklub, Club Mykonos Casino en Langebaan-strandmeer in.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 128 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Lee Ann Meyer M
Gesin met klein kinders
5.0
Mind blowing. Our stay was amazing yet so relaxing. Everything was clean, made me feel like heaven on earth. The owner was totally awes...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Surita D
Saam met lewensmaat
5.0
Oulike plek. Alles wat jy nodig het. Ons het baie lekker gebly. Was vriendelik ontvang. Sal beslis weer daar gaan bly.
Aug 2024
Ingrid M
Gesin met tieners
5.0
Fantastic self catering accommodation with all the modern conveniences! Camelot Cottages was amazing. We had an absolutely wonderful ti...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Chrisna L
Saam met vriende
5.0
Die plek is ruim en keurig gemeubileerd. En die warm bad is 'n groot bederf. Ons het heerlik gebly en gekuier.
Jun 2024
Heidi H
Gesin met klein kinders
5.0
Waarde vir geld en baie netjiese woning met alles wat nodig is vir 'n aangename verblyf. Baie lekker gebly en baie vriendelike gasvrou.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Charlotte Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 128

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Scotsville-straat, Long Acres Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Camelot Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Scotsville-straat, Long Acres Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa849bacd440165bd3c473251b5e31dc3334c73a2cd2068449a193dcda7d43664a7cb3c19b8bfd8f8e4cb4aa29d35fdf7f599?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 128 5 1 5 Scotsville Road Long Acres Country Estate 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.052785003018 18.070643333899

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang