Camps Bay Beach Condo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pitlochry-weg 1, Bakoven, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R2 950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Camps Bay Beach Condo is 'n selfsorgwoonstel met 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan en is net 'n kort entjie van Kampsbaai se strand, een van die Kaapstad se mooiste strande, af. Die dekor is 'n vermenging van moderne en natuurelemente, asook ouwêreldse sjarme.
Die eenheid het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Albei slaapkamers het 'n koninggrootte-bed en elke badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjiene en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitarea het 'n L-vormige rusbank, 'n kaggel en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Daar is ook gratis WiFi.
Tafelberg dien as agtergrond vir hierdie woonstel en dit het 'n prentjiemooi see-uitsig. Dit is die perfekte plek om goeie herinneringe te skep. Gaste het toegang tot die hele woonstel, buite-area en veilige parkeerplek.
Kampsbaai is oor die algemeen baie veilige en gewild en bied 'n uitsig op Leeukop. Bakoven is 'n gewilde buurt in Kampsbaai met verskeie versteekte strande. Daar is parkeerplek vir 2 motors by die eenheid, andersins is daar 'n bushalte net 'n entjie se stap ver en Uber is beskikbaar in die area.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- DVD-speler
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Anna & Bertus Geverifieer
Eiendomme 62
Resensies 77
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Pitlochry-weg 1, Bakoven, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Gaste dink Camps Bay Beach Condo het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kampsbaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pitlochry-weg 1, Bakoven, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang