Canyon Roadhouse
- Kapasiteit: 48 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Canyon Roadhouse, Visrivier-canyon, Keetmanshoop, 0000, Karas
- Vanaf R4 190 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Canyon Roadhouse is 'n lodge wat die goeie ou dae van motorbestuur vier. Met sy groot rooi dak herinner die lodge aan 'n padkafee en dit is die perfekte bestemming vir diegene wat die Visrivier-canyon besoek aangesien dit op die roete daarheen en net 27,2 km van die uitkykpunt af is.
Die lodge bied gerieflike B&B-verblyf in 24 smaakvol versierde kamers wat rondom 'n binnehof rangskik is. Die kamers het lugversorging en gemaklike beddens en elke kamer het 'n en suite-badkamer. Tee- en koffiemaakgeriewe word in elke kamer voorsien.
Die lodge spog met 'n plaasstylswembad, 'n stoep, restaurant en 'n vulstasie. Ou, geroeste Chevys en Fords uit 'n vervloë era versier die perseel en 'n internasionale vragmotor dien as die ontvangstoonbank. Daar is verskeie klassieke motors en vervoerparafernalia tussen die tafels in die restaurant te sien. Die kajuite van verskeie motors dien as kaggels vir die koue wintersmaande.
Gaste kan 'n pragtige sonsondergang vanaf die heuwel bo die lodge en 'n uitsig op die Holoogberg en oor die Gondwana Canyon Park geniet. Die lodge bied doendinge soos begeleide uitstappies na die Visriviercanyon se uitkykpunte, en voetslaan- en 4x4-roetes.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Stephanie Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 103
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Canyon Roadhouse, Visrivier-canyon, Keetmanshoop, 0000, Karas
- Gaste dink Canyon Roadhouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 48 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Canyon Roadhouse, Visrivier-canyon, Keetmanshoop, 0000, Karas
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang