Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cap d'Azur Apartment

Langtermynverblyf-aanbod 35% af

Kry 35% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 144, Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 150 R1 398 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Cap d'Azur Apartment is 'n ruim selfsorgwoonstel met 'n see-uitsig in Strand. Die woonstel kan maksimum 6 gaste akkommodeer.

Tydens beurtkrag is daar 'n rugsteunkragstelsel wat die WiFi, TV en 'n staanlig aandryf. Die stelsel bestaan uit 'n omsetter en 720W-battery.

Die woonstel is op die sesde verdieping en toegang word verkry via 'n hysbak (wat tydens beurtkrag steeds werk). Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en deel gebruik van 'n badkamer met 'n stort en bad. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, potte en panne, 'n skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n ontbyttoonbank en etenstafel waar gaste maaltye kan nuttig.

Die leefarea het 'n TV met toegang tot Netflix en DStv. Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Dit lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die see.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe sowel as wasgoedgeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 24 uur-sekuriteit. Vellige parkeerplek vir sleepwaens is beskikbaar.

Cap d'Azur is 50 m vanaf die strand wat ideaal is vir branderplankry, visvang, swem, sonsondergang-bootvaarte en walviskyk tydens die seisoen. Daar is ook voetslaan-, stap- en fietsryroetes in die omgewing en talle restaurante en koffiewinkels in die Strand.
Gaste kan ook die besienswaardighede in die nabyheid besoek wat die gholfbaan, Strand Waterworld en 'n putt-putt baan insluit, of die Helderberg Wynroetes gaan verken.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Lettie P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie geniet! Baie netjiese, skoon en baie gerieflike plek. Gasvrou vriendelik en behulpsaam. Sal beslis weer terugkom.
Sep 2024
Gershon H
5.0
Excellent location. Thoroughly enjoyed staying over here!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Corne W
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker. Dit was baie skoon en netjies. Sal dit hoog aanbeveel.
Aug 2024
Helene Sybil H
Saam met vriende
5.0
Wonderlik! Gerieflik! Pragtige see-uitsig. Die woonstel is netjies, ruim en gerieflik ingerig. Dankie Kobus vir jou goeie ontvangs en behulpsaamheid. ...
Sien meer
Jun 2024
Nico P
5.0
Die beste plek waar jy kan tuis gaan op die Strand! Ons ontvang na ons lang rit van Nelspruit na die Kaap en het ons dadelik baie gemaklik laat voel. ...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Lillibé Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Kusweg 144, Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cap d'Azur Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R2 150
R2 150 R1 398
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 150
R2 150 R1 398
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 144, Strand, 7139, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa57e0baacbf9237a13941344e147cc0b66fb6c082402843b2bfeab78e21385ead90cbb77ced3e0a39c2fe165bb7d968d4164?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 150 nouVanaf R1 398 per nag (plek vir 6) 25 5 1 5 144 Beach Road Strand 7139 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.111000926651 18.821950528836

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang