Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cap d'Azur Woonstel

Langtermynverblyf-aanbod 35% af

Kry 35% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 144, Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 300 R1 495 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Cap d'Azur Woonstel is 'n ruim selfsorgwoonstel met 'n see-uitsig in die Strand. Die woonstel kan maksimum 6 gaste akkommodeer.

Tydens beurtkrag is daar 'n rugsteunkragstelsel wat die WiFi, TV en 'n staanlig aandryf. Die stelsel bestaan uit 'n omsetter en 720W-battery.

Die woonstel is op die sesde verdieping en toegang word verkry via 'n hysbak (wat tydens beurtkrag steeds werk). Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en deel gebruik van 'n badkamer met 'n stort en bad. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, potte en panne, 'n skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n ontbyttoonbank en etenstafel waar gaste maaltye kan nuttig.

Die leefarea het 'n TV met toegang tot Netflix en DStv. Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Dit lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die see.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe sowel as wasgoedgeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 24 uur-sekuriteit. Vellige parkeerplek vir sleepwaens is beskikbaar.

Cap d'Azur is 50 m vanaf die strand wat ideaal is vir branderplankry, visvang, swem, sonsondergang-bootvaarte en walviskyk tydens die seisoen. Daar is ook voetslaan-, stap- en fietsryroetes in die omgewing en talle restaurante en koffiewinkels in die Strand.
Gaste kan ook die besienswaardighede in die nabyheid besoek wat die gholfbaan, Strand Waterworld en 'n putt-putt baan insluit, of die Helderberg Wynroetes gaan verken.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Sylvia E
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtig en gemaklik. Was rerig 'n baie mooi plek en so 'naby aan alles. Ek het soveel foto's van die pragtige uitsig en almal so mooi. Sien julle weer...
Sien meer
Nov 2024
Johannes D
5.0
Rustig en mooiste view. Ons het baie lekker gebly en gerus.
Nov 2024
Louis S
Saam met vriende
5.0
Netjies, skoon, lieflike uitsig, goeie diens. Baie lekker gebly vir 'n week.
Okt 2024
Lettie P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie geniet! Baie netjiese, skoon en baie gerieflike plek. Gasvrou vriendelik en behulpsaam. Sal beslis weer terugkom.
Sep 2024
Gershon H
5.0
Excellent location. Thoroughly enjoyed staying over here!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Lillibé Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Kusweg 144, Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cap d'Azur Woonstel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R2 300
R 2 300 R 1 495
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 300
R 2 300 R 1 495
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 144, Strand, 7139, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa57e0baacbf9237a13941344e147cc0b66fb6c082402843b2bfeab78e21385ead90cbb77ced3e0a39c2fe165bb7d968d4164?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 300 nouVanaf R1 495 per nag (plek vir 6) 28 5 1 5 144 Beach Road Strand 7139 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.111000926651 18.821950528836

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang