Cape Paradise Lodge
- Kapasiteit: 16 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Leeuwenhofweg 48, Higgovale, Tuine, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cape Paradise Lodge skuil hoog bo die stil buurt Higgovale. Gaste kan hul verkennings in Kaapstad hiér teen die hange van Tafelberg begin. Die vriendelike gashere sal gaste dadelik tuis laat voel en het die ervaring om gaste se avonture in die Moederstad onvergeetlik te maak. Dié lodge se sentrale ligging in 'n stil en veilige buurt en skoon geriewe maak dit die ideale basis vir besoekers aan Kaapstad. Daar is restaurante en kroeë binne stapafstand in Kloofstraat.
Verblyf is in 5 gastekamers beskikbaar en elkeen bied slaapplek aan 2 gaste. Daar is ook 2 luukse selfsorgwoonstelle. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Elkeen het toegang tot 'n balkon met 'n uitsig oor die stad en Tafelbaai.
Die Giraffe-kamer het nie 'n balkon nie, maar het 'n uitsig op Tafelberg vanuit die venster en toegang tot 'n sondek net 'n paar tree van die deur af.
Verder is daar ook 2 luukse selfsorgwoonstelle in 'n Kaaps-Hollandse huis in die tuin. Die Buffalo-woonstel het 2 slaapkamers, 1 met 'n koninggrootte-bed en die ander met 2 enkelbeddens, asook 'n badkamer. Die Rock-woonstel het 1 slaapkamer en elke woonstel het 'n stoep.
Daar is baie om te sien en doen in Kaapstad. Gaste in die kamers ontvang 'n warm ontbyt van hul keuse saam met 'n verskeidenheid ontbytgraansoorte, vrugte, brood, konfyt en sap. Die warm ontbyt word per bestelling voorberei. Gaste kan hul ontbyt en lekker warm koffie by die kaggel geniet in die winter.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Elena Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Leeuwenhofweg 48, Higgovale, Tuine, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Gaste dink Cape Paradise Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Upper Gardens Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Leeuwenhofweg 48, Higgovale, Tuine, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang