Cape Point Mountain Getaway
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hoofweg, Castle Rock, Simonstad, 7995, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Cape Point Mountain Getaway is in 'n natuurbewarea langs die Kaapse Skiereiland, Castle Rock, geleë. Dit is 'n bekoorlike, geskiedkundige selfsorgvilla met 'n pragtige uitsig oor die see en op die berg en is 'n rustige toevlugsoord.
Dié villa bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers wat op die boonste verdieping geleë is. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n ekstra enkelbed in die leefarea. Elke slaapkamer lei na 'n balkon met 'n pragtige see-uitsig. Daar is 'n tweede badkamer onder met 'n wasbak, stort en toilet. WiFi is beskikbaar.
Die oopplan-leefarea beskik oor gemaklike sitplek, 'n ontbythoekie en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die leefarea lei na 'n dek met 'n skilderagtige uitsig. Die villa maak van sonkrag gebruik. Daar is buite-gasbraaigeriewe (oop vure is verbode) en veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.
Cape Point Mountain Getaway is naby Simonstad waar gaste plaaslike restaurante en winkels kan verken. Tafelberg is net 13,8 km ver en daar is verskeie vermaaklikheidsopsies. Kaappunt Natuurreservaat is minder as 4 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Joel Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 11
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Hoofweg, Castle Rock, Simonstad, 7995, Wes-Kaap
- Gaste dink Cape Point Mountain Getaway het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hoofweg, Castle Rock, Simonstad, 7995, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang