Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cape Sands C2

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 202, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Hierdie stylvolle, moderne woonstel is in 'n veilige kompleks in die Strand geleë. Dit is net 'n hanetreetjie van die branderryplek af en net 'n klein entjie se stap vanaf Waterworld. Hierdie drieslaapkamerwoonstel het asemrowende uitsigte oor Valsbaai met Tafelberg en Kaappunt in die agtergrond.

Die woonstel is oopplan en beskik oor 'n kombuis en 'n leefarea. Die kombuis is volledig toegerus en die leefarea het gerieflike rusbanke, 'n TV met DStv en daar is 'n eetarea. Daar is 'n balkon met dekstoele en gaste panoramiese uitsigte op die Hottentots-Hollandberge en die Helderberg bewonder. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n privaat balkon, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n privaat balkon. Verder is daar nog 'n gedeelde badkamer met 'n stort, toilet, wasbak en 'n gaste-toilet.

Die woonstel het veilige onderdakparkeerplek. Al die nodige linne en badhanddoeke word voorsien. Bring net asb. jou eie swemhanddoeke. Gaste het ook toegang tot die verhitte swembad, sauna, stoomkamer, Jacuzzi, gimnasium en braaiplek op die perseel. 'n Skoonmaakdiens kan gereël word teen 'n addisionele koste.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Magda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Kusweg 202, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cape Sands C2 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 202, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBjMTZjODk4LWNmMDgtNDNkZC1hYTZjLTU4MGQ2OWZhOWM0Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 202 Beach Road Strand 7139 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.102276674174 18.81610641468

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang