Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cape Sea View

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Geen kinders onder 7
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Protea-rylaan 12, Mountainside, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Cape Sea View bied billike, gerieflike selfsorgverblyf in 3 woonstelle. Cape Sea View is goed geleë teen die Hottentotshollandberge en die balkonne het luisterryke uitsigte oor Valsbaai en die Atlantiese Oseaan. Hierdie is ideale verblyf vir diegene wat Kaapstad en die omliggende wynlandgoedere wil verken. Eersgenoemde is net 50 km vanaf Cape Sea View en laasgenoemde net 15 km.

Elke woonstel is smaakvol versier en het sy eie ingang. The Whale Apartment is die grootste en het slaapplek vir 6 persone. The Dolphin Apartment het plek vir 4 persone en The Seal is 'n oopplan-woonstel met plek slaapplek vir 2 persone. Linne en badhanddoeke word voorsien. Let asseblief daarop dat daar steil trappe na al die eenhede is wat miskien nie geskik sal wees vir gaste wat moeilik loop nie.

Elke woonstel het 'n stoep of 'n balkon met see-uitsigte, stoepmeubels en 'n braaiplek wat met gas of hout werk.
Dit is ideaal vir gaste wat 'n bietjie son wil vang of met 'n glasie Kaapse wyn in die hand wil staan en kyk hoe die son sierlik oor Valsbaai sak. In die winter kan jy kyk hoe die walvisse in die oseaan baljaar.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Luchia N
Saam met vriende
5.0
Dit was 'n lekker relaxing weekend. Die wind het baie gewaai. Daar was niks WiFi nie en niks opvangs nie. Dit het my 'n bietjie afgesit, ek was nie ha...
Sien meer
Des 2023
Jon O
5.0
A perfect stay. Everything perfect, very welcoming, clean and spotless accommodation and fantastic views.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Hunter H
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was baie nice. Ons het waarde vir ons geld gekry. Die plek was netjies. Die uitsig op die see was asemrowend.
Jun 2023
Benita J
Saam met vriende
5.0
Dit was fantasties en asemrowend mooi! Ons was 4 volwassenes net vir 'n aand om die False Bay Ultra te hardloop. Die woonstel is super netjies en die ...
Sien meer
Mei 2023
Pieter V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly met seker die mooiste uitsig oor Valsbaai wat mens kan kry. Die eenheid se dekor is baie "homely", laat mens verlang na jou ma se hu...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Hester Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Protea-rylaan 12, Mountainside, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cape Sea View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Geen kinders onder 7
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Protea-rylaan 12, Mountainside, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgyNGU0ZDU2LWVkYjktNDQzZi04Yjg2LWYyOGZlZDk5OGI3Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense 55 5 1 5 12 Protea Drive Mountainside 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.17065 18.84833

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang