Capeblue Manor House
- Kapasiteit: 11 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thaxter-weg 10, Muizenberg, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Capeblue Manor House is 'n 4-ster-gastehuis in Muizenberg, 'n voorstad van Kaapstad, Suid-Afrika.
Manor House is weggesteek in 'n stil doodloopstraat aan die voet van die indrukwekkende Steenberg. Dis in 1927 gebou en is onlangs tot sy oorspronklike elegansie gerestoureer. Die nuwe binnenshuise versiering van al 8 die dubbelkamers is stylvol gedoen, met luuksheid en gemak in gedagte en het elkeen hulle eie en suite-badkamer met 'n bad en stort. Al die kamers het koffie- en teemaakgeriewe, TV's, kluise, verhitte handdoekrelings, verwarmers, radiowekkers en haardroërs. Daar is 'n groot sitkamer met 'n biblioteekruimte waar jy TV kan kyk of een van die verskeidenheid boeke kan lees. Ontspan op die terras met 'n uitsig oor die berg met 'n koppie koffie of tee in jou hand.
Gaste het ook toegang tot die swembad in die tuin, veilige parkering en WiFi.
Capeblue Manor House is net 20 minute van Kaapstad se middestad af en dus die ideale basis vanwaar die reisiger die Moederstad en die V&A Waterfront kan verken of met die kabelkar tot bo-op die majestueuse Tafelberg kan ry. Die wynland is net 'n klipgooi ver en gasheer en gasvrou Allen en Michelle is altyd byderhand met advies en aanbevelings vir die onderskeidende besoeker.
Muizenberg-strand is 1,8 km van die Manor af en bied die besoeker baie om te doen. Van die ervarings wat nie misgeloop moet word nie, is 'n dag op die skouspelagtige strand en 'n treinrit na Simonstad langs die asemrowende kus, onderbreek op Kalkbaai of Vishoek om deur die bekoorlike antiekwinkeltjies te dwaal.
Vir die sakereisiger bied Capeblue Manor House 'n vreedsame rusplek aan die einde van 'n besige dag waar hy of sy op die terras by die swembad of in die goed toegeruste gastesitkamer en biblioteekruimte kan ontspan.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 6
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Thaxter-weg 10, Muizenberg, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
- Gaste dink Capeblue Manor House het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Lakeside Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thaxter-weg 10, Muizenberg, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang