Caribbean Estate Deluxe
Kry 30% af op alle besprekings wat 4 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 1136, Caribbean Estate, Lower South Coast-weg, R61, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Caribbean Estate Deluxe is 'n losstaande selfsorghuis in Caribbean Estate en is naby Wild Coast Sun, Umtamvunarivier en die strand geleë. Caribbean Estate is 'n landgoed met 'n tropiese ligging aan die Suidkus van KwaZulu-Natal en spog met verskeie geriewe.
Die huis het lugversorging, slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Dié kamer het ook 'n deur wat na die voorstoep met 2 buitestoele lei. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale teen die muur en onbeperkte WiFi. Daar is 2 motorafdakke en 'n draagbare braai.
Caribbean Estates se geriewe sluit 'n hoofswembad, 2 ekstra swembaddens, tennisbane en 'n klein speelarea vir kinders in. Gaste kan hulle bote saambring of van die jetski, bote en ander toerusting by Waterworld aan die anderkant van die rivier gebruik maak. Die ontvangskantoor is 24 uur per dag oop en 24 uur-sekuriteit word ook voorsien.
Caribbean Estates is 3 km noord van Port Edward en net 5 minute se ry vanaf Wild Coast Sun Hotel and Casino waar watersport, perdry en gholfpseel net 'n paar van die lekker doeninge is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 421
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Erf 1136, Caribbean Estate, Lower South Coast-weg, R61, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Caribbean Estate Deluxe het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Rennies Beach Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 1136, Caribbean Estate, Lower South Coast-weg, R61, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang