Caribbean Estate
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Pont-weg, Eenheid 45 Montego Bay, Caribbean Estate, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Caribbean Estate is op die pragtige landgoed naby die Mtamvunarivier en teen die kus naby Rennie's Beach in Port Edward geleë. Dit is die ideale blyplek vir gesinne, 'n groepie vriende of enigiemand wat op soek is na 'n wegbreek weg van die alledaagse gejaag.
Die landgoed bied verblyf in 2 woonstelle met slaapplek vir 16 gaste. Elke eenheid beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers of 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die slaapkamers het koningingrootte-beddens, enkelbeddens of 'n kinderslaapbank vir 2. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.
Elke woonstel se kombuis het 'n eiland met sitplek en is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, gasstoof, oond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n eetarea met 'n groot genoeg etenstafel dat alle gaste maaltye saam kan nuttig. Die sitarea het gemaklike rusbanke voor 'n TV met DStv se hotelpakket. Beide eenhede het 'n omsetter vir die yskas, TV, DStv en ligte tydens beurtkrag.
Gaste het toegang tot 'n privaat ingang en privaat parkeerplek. Verder het gaste toegang tot al die geriewe op die landgoed wat 'n gemeenskaplike swembad en braai-area, 'n tuin en 'n privaat strandarea insluit. Daar is ook 'n speelarea vir kinders, 'n mini-gholfbaan, 'n tennisbaan, speletjieskamer, geriefswinkel en 'n plek waar gaste kan gaan visvang.
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Viloshni Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Old Pont-weg, Eenheid 45 Montego Bay, Caribbean Estate, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Caribbean Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Rennies Beach Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Pont-weg, Eenheid 45 Montego Bay, Caribbean Estate, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang