Caribbean Estates 26 On Calypso
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Caribbean Estates, Langs die R61, Rennies Beach, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 740 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Caribbean Estates 26 On Calypso bied selfsorgverblyf op die Caribbean Estates in Rennies Beach. Gaste het toegang tot al die landgoed se geriewe.
Die dubbelverdieping-vakansiehuis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 4 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, stoof en ander kookgerei toegerus. Die oopplan-leefarea het rusbanke, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n etenstafel met sitplek. Die leefarea het skuifdeure wat op die stoep oopmaak en daar is 'n tafel met stoele en 'n ingeboude braai.
Die landgoed spog met 2 swembaddens, tennisbane en 'n speelplek vir kinders. Gaste kan hul eie bote saambring of van die bote, jetski's en ander toerusting by Water World gebruik maak. Dit word van die Ou Pont af bedryf.
Die landgoed bied ook direkte toegang tot die ongerepte strand en die groot Umtamvuna-rivier via pragtige paadjies deur die bewarea met 'n groot verskeidenheid voëls. Gaste mag dalk net bokkies en Samango-apies raaksien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
4 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Alvin Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 2
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Caribbean Estates, Langs die R61, Rennies Beach, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Rennies Beach Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Caribbean Estates, Langs die R61, Rennies Beach, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang