Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Carmel Villa

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pastoriestraat 19, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Vanaf R890 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Carmel Villa B&B of Selfsorg is in die dorpie Calvinia in die Noord-Kaap geleë. 'n Perfekte wegbreek vir diegene wat 'n vakansie weg van die stadslewe of 'n oornagplek op pad na die Kgalagadi soek.

Die verblyf beskik oor 3 B&B-kamers en 2 selfsorg-chalets. Die B&B-kamers is in die Victoriaanse hoofhuis, waarvan 2 koningingrootte-beddens het en 1 'n enkelkamer met aparte badkamer. Die hoofhuiskamers is toegerus met lugversorging en elektriese komberse.

Die 2 selfsorg-chalets is apart van die Victoriaanse Hoofhuis, Chalet 1 beskik oor 'n koningingrootte-bed en Chalet 2 beskik oor 2 kamers waarvan die een 2 enkelbeddens het en die ander 'n dubbel- en enkelbed. Elke chalet het 'n kombuisie en braaigeriewe.

Gaste het ook toegang tot DStv, onbeperkte vesel-Wi-Fi, 'n plonspoel en veilige parkeerplek.

Carmel Villa is stapafstand van 2 nabygeleë restaurante, die inligtingskantoor en die middestad af. Doendinge in die omgewing sluit voëlkyk, fietsry, begeleide staptogte en bergfietsry in. Plaaslike besienswaardighede sluit die Calvinia Museum, Die Akkerendam Natuurreservaat, Die Boekhuis en Die Hantam Vleisfees in wat elke jaar aan die einde van Augustus plaasvind.

Carmel Villa is 'n 3-ster-instansie wat deur die Tourism Grading Council of SA (TGCSA) in die Bed-en-ontbyt-kategorie gegradeer is en word ook as hoogs aanbeveel deur die AA gegradeer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Nagportier
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 171 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Christa V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gerieflike verblyf met vriendelike diens. Baie lekker warm geslaap met 'n heerlike ontbyt die volgende oggend.
Sep 2024
Peter V
Saam met lewensmaat
5.0
As a stopover it was perfect. Very pleasant. Friendly host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Piet V
Saam met lewensmaat
5.0
Wat 'n wonderlike voorreg! Liedlike ou huis met baie interessante geskiedenis. Baie oulike gasheer en gasvrou. Besonderse ervaring.
Sep 2024
Johan J
Saam met vriende
5.0
Sal weer daar oorbly. Aangename verblyf wat aan alle verwagtinge voldoen het.
Sep 2024
Nina L
5.0
Netjies, veilig en gemaklike akkommodasie! Heerlike verblyf en ontbyt. Die gashere was vriendelik, verwelkomend en gaaf. Sal beslis weer by Carmel Vil...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Gezina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 171

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Pastoriestraat 19, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Gaste dink Carmel Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R890
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R890
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pastoriestraat 19, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2d97e9ab9ed9e42c551afdb8a2c77732165246a4b62480fbb2360f27fbc53c7ca51055a8baf17c3832f3d720f57b78e126c1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R890 per nag, vir 2 mense 171 5 1 5 19 Pastorie Street Calvinia 8190 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -31.474972222222 19.769944444444

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang