Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casa C Angel

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grunter-straat 6, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Casa C Angel is in die pragtige St Lucia in KwaZulu Natal geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende, Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, doendinge, besienswaardighede en die strand.

Die verblyf beskik oor 3 eenhede om van te kies. Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers en 'n sonkamer en kan tot 8 gaste op 'n slag akkommodeer. Die eerste slaapkamer met lugversorging het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer wat toegerus is met 'n bad, wasbak en aparte toilet. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, lugversorging, 'n plafonwaaier en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die sonkamer het 'n stapelbed, ideaal vir jonger kinders en deel 'n badkamer met die tweede slaapkamer. Die kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die sitkamer het gemaklike sitplek en loop uit na die lapa en swembadarea.

Die gesinswoonstel beskik oor 2 slaapkamers en kan tot 5 gaste op 'n slag akkommodeer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, 'n yskas, kisvrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank met slaapplek vir 2 volwassenes. Dit beskik ook oor 'n TV met OVHD, en gaste het toegang tot WiFi.

Die Bachelor-eenheid beskik oor 'n enkelbed en 'n dubbelbed en lugversorging in die hoofslaapkamer. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Dit beskik oor 'n staande waaier en 'n plafonwaaier. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, gasstoof, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Dit het ook 'n TV met OVHD en WiFi-toegang. Gaste het toegang tot 'n privaat mobiele braai en die gemeenskaplike Lapa en swembad.

Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel, asook parkeerplek vir diepseebote.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Leon V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike ontvangs, netjiese en veilige verblyf in 'n stil omgewing. Baie vriendelik ontvang die perseel, asook die eenheid, is baie netjies en geri...
Sien meer
Aug 2024
Natalia Z
Gesin met klein kinders
5.0
Highly recommended. We enjoyed our stay here very much. The owners and the cleaner were very helpful and friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Vicky D
Gesin met klein kinders
5.0
Vinnige wegbreek as gesin. Het baie lekker gebly, en die plekkie was baie skoon en netjies, en die bediendes het elke dag skoongemaak (baie gerieflik)...
Sien meer
Mrt 2024
Dean N
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig en gerieflik. Ons het 'n baie netjiese opset gehad en dit was baie rustig en gerieflik. Die eienaars is plat op die aarde mense en baie vriende...
Sien meer
Feb 2024
Annerie K
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, vriendelik en sommer net vreeslik lekker. Wat 'n voorreg, was baie bederf met 'n skoon huis elke dag. Met hope vriendelikheid ontvang. Rustigh...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Rika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Grunter-straat 6, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Casa C Angel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grunter-straat 6, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbb8a2fbdb4de73b3d57f690dc553a58182b40a90d1be372dcbede5da7a8d35e4593bdeade1051497e286b23a31a9bc2b4703?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 3) 26 5 1 5 6 Grunter Street St Lucia 3936 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -28.376562481943 32.417724002721

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang