Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casa C Angel

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grunter-straat 6, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Casa C angel is in pragtige St Lucia in KwaZulu-Natal en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, doendinge, besienswaardighede en die strand.

Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede. Die hoofhuis het 3 slaapkamers en 'n sonkamer, en is geskik vir 8 gaste. Die eerste slaapkamer het lugversorging, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 2 enkelbeddens en gebruik die tweede badkamer wat 'n bad, wasbak en 'n aparte toilet het. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, lugversorging, 'n plafonwaaier en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n stapelbed in die sonkamer, ideaal vir kinders, en deel 'n badkamer met die tweede slaapkamer. Die kombuis is met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitkamer het gemaklike bank en lei na die lapa- en swembad-area.

Die Gesinswoonstel het 2 slaapkamer en is geskik vir 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas, kisvrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank wat geskik is vir 2 volwassenes. Dit het ook 'n TV met OVHD en gaste het toegang tot WiFi.

Die Enkelwoonstel het 'n enkelbed en 'n dubbelbed met lugversorging in hoofslaapkamer. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Verder is daar 'n staanwaaier asook 'n dakwaaier en die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n TV met OVHD en gaste het toegang tot WiFi. Verder het gaste toegang tot 'n privaat draagbare braai en die gemeenskaplike lapa- en swembad-area.

Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien. Parkeerplek vir diepsee-hengelbote is beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Leon V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike ontvangs, netjiese en veilige verblyf in 'n stil omgewing. Baie vriendelik ontvang die perseel, asook die eenheid, is baie netjies en geri...
Sien meer
Aug 2024
Natalia Z
Gesin met klein kinders
5.0
Highly recommended. We enjoyed our stay here very much. The owners and the cleaner were very helpful and friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Vicky D
Gesin met klein kinders
5.0
Vinnige wegbreek as gesin. Het baie lekker gebly, en die plekkie was baie skoon en netjies, en die bediendes het elke dag skoongemaak (baie gerieflik)...
Sien meer
Mrt 2024
Dean N
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig en gerieflik. Ons het 'n baie netjiese opset gehad en dit was baie rustig en gerieflik. Die eienaars is plat op die aarde mense en baie vriende...
Sien meer
Feb 2024
Annerie K
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, vriendelik en sommer net vreeslik lekker. Wat 'n voorreg, was baie bederf met 'n skoon huis elke dag. Met hope vriendelikheid ontvang. Rustigh...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Rika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Grunter-straat 6, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Casa C Angel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grunter-straat 6, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbb8a2fbdb4de73b3d57f690dc553a58182b40a90d1be372dcbede5da7a8d35e4593bdeade1051497e286b23a31a9bc2b4703?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 3) 26 5 1 5 6 Grunter Street St Lucia 3936 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -28.376562481943 32.417724002721

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang