Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casa Cara Resort

  • Kapasiteit: 302 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaal Eden-weg, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R690 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Casa Cara Resort bied 'n wye verskeidenheid verblyf, van luukse selfsorg-eenhede tot tentkampe wat aan die oewer van die Vaalrivier 8 km buite Parys skuil. Casa Cara Resort is ook 'n pragtige, romantiese trou- en funksie-venue. Die venue bied 'n buitehoutdek wat oor 'n reuse-dam uitstrek en deur water omring word.

Die selfsorgverblyf is in die lodge self en bied standaard-, deluxe- en superieure eenhede. Die eenhede het elk 'n yskas, 'n mikrogolfoond, plafonwaaier, koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer en 'n braai-area. Sekere eenhede het hul eie kuierarea buite met 'n bos-lapa en 'n kombuis.

Die luukse tent is geskik vir 2 en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite- en oopplan-badkamer met 'n bad en stort. Daar is 'n kombuis wat met 'n stoof, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware toegerus is. Die tent het 'n waaier en 'n privaat dek wat 'n uitsig oor die Vaalrivier en braaigeriewe het.

Die boskamp is 'n tent-eenheid geskik vir 8. 2 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n buite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid het 'n kombuis, boma en braaigeriewe.

Pond Villa bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers waarvan 3 slaapkamers koninggrootte-beddens het en 2 hiervan het en suite-badkamers met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof toegerus.

Casa Cara Resort is in die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied geleë en word deur die allermooiste landskap omring. Die velde rondom die lodge spog met talle inheemse veldblomme en struike.

Daar is 'n kuierarea met 'n speelpark, swembad en 'n restaurant 700 m vanaf die verblyf. Die speelpark en gebruik van die swembad word by die tarief ingesluit. Toegang tot die dierepark is teen 'n ekstra fooi per persoon.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 76 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Cordelia W
Gesin met tieners
5.0
Netjies, goeie fasiliteite, baie om te doen. Die plek is die juwee van die Vrystaat!
Jun 2024
Liesl B
Saam met vriende
5.0
Vreedsaam. Ja, het heerlik gekuier. Was baie stil en rustig.
Mei 2024
Leon V
Gesin met tieners
5.0
Heerlike atmosfeer en lekker gerus! Puik vakansieoord met baie om te doen! Personeel is baie vriendelik en bedagsaam. Kampeerplekke is lekker groot en...
Sien meer
Apr 2024
Vlooi C
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker plekkie om te kamp veral met die klein kindertjies. Baie lekker, rustige skoon plek.
Mrt 2024
Izelle L
Gesin met klein kinders
5.0
Ek sal enige tyd weer gaan. En soek asb. ook so Baracca-huisie op my plaas. Dit was ongelooflik lekker gewees. Baie dankie vir die uitstekende geriewe...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Melissa Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 252

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Vaal Eden-weg, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Casa Cara Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R690
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R690
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 302 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaal Eden-weg, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA71b857ffd6e9edf203487399358e347fb0add0b3088159adc7edec58f244b336ff06083f82ec894cc4ead6fb7d1a8b266895?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R690 per nag (plek vir 6) 76 5 1 5 Vaal Eden Road Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -26.853821818137 27.491993016155

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang