Casa Cara Resort
- Kapasiteit: 302 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vaal Eden-weg, Parys, 9585, Vrystaat
- Vanaf R690 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Casa Cara Resort bied 'n wye verskeidenheid akkommodasie, van luukse selfsorg-eenhede tot tent-eenhede, geleë langs die oewer van die Vaalrivier, 8 km buite die dorpie Parys. Casa Cara Resort is 'n pragtige en romantiese trou- en funksie-venue. Die venue bied 'n buite-houtdek wat oor 'n groot dam gebou is en word dus deur water omring.
Die selfsorgverblyf is in die lodge geleë en bied standaard-, luukse- en superior-eenhede. Elke eenheid is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n plafonwaaier, 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer en 'n braai-area. Sommige eenhede beskik oor hul eie buite-vermaakarea met 'n boslapa en 'n kombuis.
Die luukse tent het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n koninggrootte-bed, 'n en suite- oopplan-badkamer met 'n bad en 'n stort, en 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, en eetgerei en breekware. Die tent is toegerus met 'n waaier en het 'n privaat dek op die oewer van die Vaalrivier, asook braaigeriewe.
The Bush Camp is 'n tent-eenheid met slaapplek vir 8 gaste. Twee slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, terwyl die derde slaapkamer 'n koningingrootte-bed het. Daar is 'n lieflike buitebadkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dié eenheid het sy eie kombuis, boma en braaigeriewe.
Pond Villa kan altesaam 8 gaste akkommodeer. Dit het 4 slaapkamers; 3 van die slaapkamers is ingerig met koninggrootte-beddens, en 2 van hulle het en suite-badkamers met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer is ingerig met 'n stapelbed en het 'n aparte badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof.
Casa Cara Resort is in die Vredfortkoepel Wêrelderfenisgebied geleë en word dus omring deur pragtige natuurskoon. Die velde rondom Casa Cara Resort spog met baie variëteite van inheemse veldblomme en struike.
Die oord bied 'n vermaakarea met 'n speelpark, 'n swembad en 'n restaurant wat 700 m van die verblyf af geleë is. Die speelpark en die gebruik van die swembad is by die verblyfprys ingesluit. Om die dierepark binne te gaan, is daar 'n bykomende heffing per persoon.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete
- Middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Melissa Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 258
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Vaal Eden-weg, Parys, 9585, Vrystaat
- Gaste dink Casa Cara Resort het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Parys Noordelike Vrystaat Vrystaat
- Kapasiteit: 302 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vaal Eden-weg, Parys, 9585, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang