Casa Mia Guest House
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Grebe-singel 11, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 850 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Casa Mia Guest House is 'n Toskaanse gastehuis wat luukse B&B-verblyf in Kaapstad bied. Die gastehuis is op die grens van die Rietvlei Natuurreservaat met sy ryk voëllewe geleë. Jy kan flaminke, pelikane, ontelbare waadvoëls en ander voëlspesies gereeld in ons agtertuin sien. Die gastehuis bied ook pragtige ononderbroke uitsigte op Tafelberg. Casa Mia is net 20 minute vanaf die V&A Waterfront en 3 km vanaf Blouberg se strand wat gewild is onder vlieërplankryers.
Klassieke elegansie en vriendelike gasvryheid is deel van die pakket by Casa Mia Guest House. Casa Mia is 'n tuiste weg van jou eie huis en is geskik vir sakereisigers of vakansiegangers wat op soek is na 'n rustige wegbreek in Kaapstad.
Casa Mia Guest House bied verblyf in 2 Standaard suites, 3 'Executive' suites en 1 Presidensiële suite. Die Presidensiële suite het 'n groot balkon met pragtige ononderbroke uitsigte van Tafelberg. Dit is 'n B&B en al die kamers, behalwe die Presidensiële suite, is ingerig vir basiese selfsorg. Gratis, vinnige WiFi is beskikbaar.
Casa Mia bedien 'n verskeidenheid ontbytopsies (à la carte), van 'n volledige Suid-Afrikaanse ontbyt tot omelette en Franse roosterbrood. Die ontbyt word elke oggend vars voorberei terwyl gaste hul ontbytgraan, vars vrugte en jogurt geniet. Halaal, Kosher of vegetariese ontbytopsies is ook op versoek beskikbaar (met 1 dag se kennisgewing).
Daar is verskeie goeie restaurante binne 3 km van die gastehuis en aflewerdienste kan wegneemetes tot by Casa Mia se voordeur bring.
Die gastehuis het 'n eerlikheidskroeg met verskeie drankies en goeie rooi- en witwyn. Daar is koeldranke, bier en appelwyn in die yskassie beskikbaar. Gaste kan snoeker of biljart op die tafel speel. Ontspan op die stoep met buitemeubels en sonstoele. As jy jou klere voor 09:00 ingee vir was, sal jy dit op dieselfde dag weer ontvang, behalwe oor naweke en op openbare vakansiedae. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Kirstein Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 48
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Grebe-singel 11, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Casa Mia Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Table View Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Grebe-singel 11, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang