Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casa Nova

Langtermynverblyf-aanbod 50% af

Kry 50% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gleniquarylaan 32, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 R475 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Casa Nova beskik oor 2 woonstelle in die vakansiedorp, Glentana, op die Tuinroete. Daar is 'n paadjie na Glentana se strand net 100 m van die woonstelle af.

Woonstel 1 bied slaapplek aan tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die badkamer.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en 'n ketel toegerus en daar is 'n toonbank met stoele. Die eetarea het 'n etenstafel met 4 stoele. Die sitarea het oorgenoeg sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt sou gaste hul eie dekodeerder en slimkaart wou saambring. Die eenheid het onbeperkte en vinnige WiFi. Daar is 'n deur na die balkon met 'n etenstafel en stoele.

Die Ateljee het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, lugbraaier en 'n ketel toegerus. Gaste het toegang tot 'n lieflike braai-area in die tuin. Ander geriewe in die kamer sluit 'n muurverwarmer, 'n elektriese kombers en 'n plafonwaaier in.

Gaste het toegang tot braaigeriewe en 'n buitestort waar hulle 'n dag op die strand kan afspoel. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Die eenhede kan saam verhuur word teen 'n beter tarief as die som van die twee eenhede.

Casa Nova is naby van die beste rots- en branderplankhengelplekke in die Suid-Kaap. Dit is ook naby Groot-Brakrivier, 30 minute van George se middedorp en 15 minute van George se lughawe af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Johanita K
Saam met lewensmaat
5.0
Really enjoyed our stay. Will want to stay there again. We truly had a very nice stay. Two things are always very important to me, a go...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Colene P
Gesin met klein kinders
5.0
Lieflike verblyf. Casa Nova is 'n lieflike plek! Naby aan die strand en baie veilig. Ons het ons tydjie daar vreeslik geniet en sal beslis weer terugk...
Sien meer
Mrt 2024
Melanie P
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal weer daar gaan woon as ons in die area is. Ons het baie lekker gebly. Die akkommodasie was skoon en netjies en die gasvrou vriendelik en hulpv...
Sien meer
Des 2023
Ronelle E
Saam met vriende
5.0
Puik! Goed toegeruste woonstel. Loopafstand na strand en 'n restaurant. Sal definitief weer besoek.
Apr 2023
Nikki H
Gesin met klein kinders
5.0
A wonderful stay, and we will certainly return. A beautiful, calm, clean and safe environment for our little family, close to all ameni...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Celdri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Gleniquarylaan 32, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Casa Nova het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
R950 R475
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
R950 R475
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gleniquarylaan 32, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZkOWMyNTc4LTdiMjQtNDViNy05OWIxLTQyMmNhYmY1MDYyNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R475 per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 32 Gleniqua Drive Glentana 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.049296 22.305306

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang