Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

CasaBac

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Anton Van Niekerk-rylaan 385, Faerie Glen, 0043, Gauteng
  • Vanaf R850 R765 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

CasaBac is in die heuwel-voorstad Faerie Glen in Pretoria-Oos geleë en bied 'n gerieflik gemeubileerde. selfsorg oornagverblyf vir 2 persone in 'n veilige en stil woonbuurt naby Garsfontein, Die Wilgers, Menlyn, Wapadrand en ander voorstede in Pretoria-Oos.

Die selfsorg-ateljee-eenheid is langs die hoofhuis en het 'n privaat ingang. Die eenheid is gerieflik gemeubileer met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n aparte toilet, asook 'n haardroër, 'n klerereling en strykyster. Gerieflikheidshalwe word 'n gasverwarmer en 'n waaier voorsien. Die eenheid bied 'n koel temperatuur gedurende warm somermaande.

Die kombuisie is toegerus met 'n wasbak, mikrogolf, yskas-vrieskas, elektriese braaipan, 1 plaat gasstoof, eetgerei, broodrooster, rasper, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Beskuit word voorsien. Buite is daar 'n privaat patio met 'n Weber-braai.

Die eenheid het ook 'n lessenaar vir sakereisigers, 'n TV met volledige DStv, asook WiFi-toegang. Rook word nie in die eenheid toegelaat nie. Die eenheid word op versoek gediens, en vir lang verblyf sal die eenhede elke derde dag gediens word. CasaBac is geleë in 'n area wat nie deur beurtkrag geraak word nie. Indien daar kragonderbrekings is, is die eenheid toegerus met 'n gasverwarmer, 'n 1 plaat gasstoof en noodligte.

Veilige parkeerplek op die perseel word voorsien met 24 uur-sekuriteit, en gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike swembad. Neem asseblief kennis, die eienaar woon op die perseel met hul troeteldiere, en ander troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Casabac is naby LIfe Faerie Glen, Wilgers Hospitaal, Netcare Pretoria Oos Hospitaal en Faerie Glen Eye Institute en Cintocare. CasaBac is 2 km vanaf die Atterbury Value Mart, 3 km vanaf die Faerie Glen Hipermark, 6 km vanaf die Menlyn Maine Central Square en Casino-kompleks wat verskeie winkels en restaurante bied, en die Woodhill Gholflandgoed. Dis naby The Grove Complex en verskeie ander restaurante en wegneemetes in Pretoria-Oos.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook

Dienste

  • Internet koppeling
  • Kamer daagliks skoongemaak
  • Koordlose internet

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Carmen N
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly! Ons het baie lekker gebly! Ons moes stad toe gaan omdat ek vir 'n operasie moes gaan, en het besluit om sommer langer te bly om by ...
Sien meer
Sep 2024
Christo C
Saam met lewensmaat
5.0
N/A. Ja, baie vriendelike diens.
Aug 2024
Marius S
5.0
Skoon, veilig en rustig. Ek het baie lekker gebly. Hulle het my laat koms en vroeg vertrek geakkommodeer.
Mei 2024
Hugo V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly, mooi omgewing en sal weer daar gaan bly. Alles wat jy nodig het en baie veilig.
Mei 2024
Jorina B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik & skoon. Dit was heerlik en die gasvrou baie vriendelik!
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tanya Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Anton Van Niekerk-rylaan 385, Faerie Glen, 0043, Gauteng
  • Gaste dink CasaBac het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
R850 R765
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
R850 R765
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Anton Van Niekerk-rylaan 385, Faerie Glen, 0043, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd3e31bf8d91762ea8dd09a96333fcc51f204c6a59fd8090d894155c7666dc525a1d318245867b7533d29653e7db7c29fd14c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R765 per nag (plek vir 2) 39 5 1 5 385 Anton Van Niekerk Drive Faerie Glen 0043 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.7830011291 28.319793562329

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang