Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casablanca's - A Private Farm Stay

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van R40/R538 Hoofweg, Plaas de Rust, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Casablanca's - A Private Farm Stay skuil op 'n privaat makadamiaplaas in die prentjiemooi Hazyview wat net 11 km van Numbi-hek af geleë is - die naaste hek aan die Krugerwildtuin.

Verblyf word in 'n kamer met 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n stoepie en 'n kombuisie met 'n yskas, stoof en 'n mikrogolfoond, sowel as 'n etenstafel en stoele aangebied. Aandete en piekniekpakkies kan op versoek en teen ekstra koste deur die eienaars voorberei word. Dit is 'n unieke, informele blyplek wat klein tot medium-grootte troeteldiere toelaat. Die personeel en vriendelike troeteldiere sal gaste met aankoms verwelkom. Daar is ligte opknappingswerk wat in die omgewing plaasvind, maar sal nie gaste se privaatheid of kothuis affekteer nie.

Ná 'n lang dag van verken, kan jy terugkom en die impalas salig sien wei soos jy die plaas binnery. Koel in die swembad af, kuier langs die vuur of gooi 'n vleisie oor die kole. Gaste kan die gewilde toeristebestemmings, soos Sabi, Graskop, Pelgrimsrus, God's Window, Blyderivierspoort en die Krugerwildtuin in die omgewing besoek.

Daar is 'n hele rits restaurante, kitskos-restaurante en kuriowinkels in die area.

Nabygeleë aktiwiteite sluit avontuurparke, Elephant and Horse Whispering, watervalle en voetslaanroetes in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Chantal Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Hoek van R40/R538 Hoofweg, Plaas de Rust, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Gaste dink Casablanca's - A Private Farm Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van R40/R538 Hoofweg, Plaas de Rust, Hazyview, 1242, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbb9bd0aabf01cd50dd211447906f38e4121f169434e07375a22af66c6606b4d5398e1d7f309dfe1f59067082a9fee44a2df9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 Just off Corner of R40/R538 Main Road Farm de Rust 1242 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.065022306465 31.133136341972

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang