Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

CasaMere Guest House

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 140 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Sakkie S
Kort verblyf
5.0
Aug 2024

Alles word gedoen om jou verblyf so gerieflik as moontlik te maak. Ek het in eenheid 4 gebly wat 'n baie mooi uitsig oor die dam het met lekker kuierplek op die gras reg voor die eenheid. Parkeerplek is reg agter die eenhede onder skadu bome. Die eenheid is pragtig netjies en modern, asook goed toegerus met alles wat jy nodig het. Plekkie is geskik vir oornag of langer kuier en sal sonder twyfel weer van die plek gebruikmaak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Charna
CasaMere Guest House
Beste Sakkie Dit is vir ons goeie nuus om te weet dat die verblyf hier by CasaMere so aangenaam was vir jou en dat jy tevrede is. Dankie vir die positiewe terugvoer en ons sien daarna uit om jou weer as gas te ontvang. CasaMere-groete.

Anonieme gas
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Charna
CasaMere Guest House
Goeie dag Jeremy. Dit was vir ons baie aangenaam om julle te akkommodeer as gaste. Ons is bly dat julle 'baie lekker gebly' het met die uitstekende uitsig. Kom gerus weer vir die beste akkommodasie in hierdie kontrei. Groete CasaMere

Elvira O
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Sal definitief aanbeveel en weer gaan kuier! Heerlike rustige, skoon, bekostigbaar met 'n ongelooflike uitsig en die wandelpaadjie was 'n heerlike stappie af rivier toe. Rus vir ons siel gewees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Charna
CasaMere Guest House
Beste Elvira Baie dankie dat julle CasaMere gekies het as verblyf. Dit was baie aangenaam om julle as gaste te ontvang en is bly dat die ondervinding hier vir julle aangenaam en positief was. Ons sien uit daarna om julle weer as gaste te ontvang. Groete

Louise V
1 nag Besigheidsreis
5.0
Mrt 2024

Goeie diens, gemaklike plek en ligging. Yes, baie dankie. Dit was aangenaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Charna
CasaMere Guest House
Hi Louise Ons is bly dat julle die akkommodasie gemaklik en aangenaam ondervind het. Ons streef daarna om ons gaste gemaklik en tuis te laat voel. Ons sien uit na julle volgende besoek. Groete CasaMere span

Ronnie G
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Rustig/skoon en netjies. Skoon netjiese verblyf. Heerlik gebraai en mooi uitsig. Etes nie op die perseel beskikbaar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Charna
CasaMere Guest House
Baie dankie Ronnie! Gaste wat by ons oornag gebruik graag een van die restaurante in die dorp, of soos jy, braai hulle lekker op die gras en geniet die rustige natuur en mooi uitsig oor die dam. Hoop om jou gou weer te sien by CasaMere. Groete, CasaMere Span.

Adriaan E
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

My halfpad blyplek en sal definitief weer daar bly. Was nie my eerste keer hier nie en die eiendom is intussen verbeter. Baie lekker oornagplek en sal definitief aanbeveel. Baie vriendelike en gasvry ontvangs.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Charna
CasaMere Guest House
Hi Adriaan, baie dankie vir jou boodskap. Dit is altyd lekker om te hoor dat ons gaste sien ons verbeter en ons hou nie op. Ons hoop jy kry weer 'n aangename verrassing as jy kom kuier. Vriendelike groete!

Tersia W
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Baie lekker en goed geleë. Lekker geslaap. Mooi blyplek met uitsig oor Vanderkloofdam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Charna
CasaMere Guest House
Goeie dag Tersia CasaMere Gastehuis is bly dat julle jul verblyf hier geniet het. Ons sien uit na julle volgende besoek.

Dalene D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Vriendelike ontvangs en lekker oornag verblyf. Pragtige uitsig. Rustig en silwerskoon.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Charna
CasaMere Guest House
Beste Dalene Ons is baie bly dat julle die akkommodasie hier geniet het. Ons sien uit na julle volgende besoek. Groete, CasaMere span.

David D
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2024

Ontspannende kalmte. Wat 'n lekker plekkie. Genoeg spasie vir ons vier. Yskas, ketel, mikrogolf, and genoeg eetgerei om niks te soek nie. Die plek is bitter stil, jou ore suis skoon, en dis kalmerend om so oor die dam te sit en uitkyk. Winkeltjie is lekker naby, 3 min se stap. Daar's 'n bospaadjie af na die dam toe, regtig 'n plek om te ontspan en nie veel om oor te bekommer nie. Het heeltyd veilig gevoel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Kobus P
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2024

Ons het baie lekker gebly en sal beslis weer daar tuisgaan. Ons is hartlik ontvang en het dus dadelik tuis gevoel. Die eenheid waarin ons tuis was, was baie netjies en skoon (eenheid no. 1). Dit is egter jammer dat 'n kombuiswasbak ontbreek om eetgerei te was na gebruik. Die hoeveelheid parkering is voldoende maar kan dalk georden word.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Charna
CasaMere Guest House
Beste Kobus CasaMere is baie bly dat julle die verblyf geniet het. Ons sien uit na julle volgende besoek. CasaMere span

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Charna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 140

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R1 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gansiestraat 113, Vanderkloof, 8771, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb26049e815c835e05499f70739eb46f17cf62be5015fd8b1e2ba6fa15faa385e58632aef84360b616515153d40ac25343603?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense 140 5 1 5 113 Gansie Street Vanderkloof 8771 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -29.997495 24.739179

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang