Cassiandra Place
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wattel Goud 4, Arboretum, Richardsbaai, 9301, KwaZulu-Natal
- Vanaf R795 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cassiandra Place is in die stil buurt Arboretum in die kusdorpie Richardsbaai geleë. Die eiendom is 7 km vanaf Alkantstrand en 2 km vanaf die middedorp.
Verblyf word gebied in 2 selfsorg-eenhede wat elk slaapplek vir 4 tot 5 gaste het. Elke eenheid is privaat met sy eie ingang en elke eenheid het veilige parkeerplek.
Die eerste eenheid het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die sitkamer het gemaklike banke en 'n platskerm-TV met volle DStv teen die muur. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die stapelbed kan op die vloer of bo-op mekaar geplaas word. Enkelopblaasmatrasse kan in die leefarea voorsien word.
Die tweede eenheid het 'n kombuisie, slaaparea en 'n en suite-badkamer. Die slaaparea het 2 driekwartbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, sowel as enkelbeddens en 'n stapelbed. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof met 'n klein oondjie en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n platskerm-TV teen die muur met die volledige DStv-pakket.
Veilige onderdakparkeerplek is vir 1 voertuig per eenheid beskikbaar en is via 'n afstandbeheerde-motorhek bereikbaar. Gaste kan die gemeenskaplike lapa, braaigeriewe en die swembad gebruik. Die eiendom word met 'n elektriese heining en gewapende reaksie beveilig.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
GJ Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Wattel Goud 4, Arboretum, Richardsbaai, 9301, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Cassiandra Place het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wattel Goud 4, Arboretum, Richardsbaai, 9301, KwaZulu-Natal