Cats and Lemons
Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bergh-straat 22, Bo-Dalsig, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
-
Vanaf
R800R720 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cats and Lemons is in Dalsig geleë en bied gaste 'n keuse van selfsorgwoonstelle in 'n stil residensiële area naby die berg met lieflike stap- en fietsryroetes. Die verblyf is ongeveer 25 minute se stap vanaf die middedorp.
Elke eenheid het slaapplek vir 3 gaste. Die woonstelle het elkeen 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens wat in koninggrootte-beddens omskep kan word, en 'n privaat badkamer. Die woonstelle op die boonste verdieping beskik oor lugversorging en 'n klein oondjie mef 2 plate bo-op. Die woonstelle op die grondverdieping het waaiers en 3-plaatstowe met oonde. Daar is 'n slaapbank in die sitkamer vir 'n derde gas. Linne en handdoeke word voorsien en die woonstel word 1 keer per week skoongemaak.
Elkeen van die woonstelle het 'n oopplan-leefarea met 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is 'n TV met die basiese kanale en WiFi.
Gaste is welkom om die wasmasjien in die binnehof te gebruik. Parkeerplek is beskikbaar vir 1 motor per woonstel op die oop oprit waar ligte aan is deur die nag.
Stellenbosch bied verskeie wynplase vir gaste om te besoek, sowel as Eagle Encounters, Giraffe House, en aarbeipluk by Mooiberg Plaasstal.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Martie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 17
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Bergh-straat 22, Bo-Dalsig, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink Cats and Lemons het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Bo Dalsig Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bergh-straat 22, Bo-Dalsig, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang