Cats Corner
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Maroelaweg 548, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Cats Corner is in Marlothpark en bied veilige selfsorgverblyf in die hartjie van die natuur met sebras, koedoes, vlakvarke en impalas wat gereeld kom kuier. Die perseel word van die Krugerwildtuin geskei slegs deur die Krokodilrivier wat dit die ideale wegbreekplek vir diere- en natuurliefhebbers maak.
Hierdie huis is geskik vir 6 gaste en het 3 en suite-slaapkamers met badkamers wat elk 'n stort, toilet en wasbak het. Twee van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die slaapkamers lei na die oopplan-leefarea wat uit 'n eetarea, sitarea en kombuis bestaan.
Die ruim kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Verder is daar 'n etenstafel vir 6 en die sitarea het gemaklike banke. Die onderdakstoep het stoepmeubels en 'n mooi uitsig. Hier kan gaste sit en ontspan terwyl die diere kom kuier. Agter die huis is daar 'n braai-area en swembad.
Twee veilige parkeerplekke word voorsien en daar is plaaslike sekuriteit. Net 'n entjie van die eenheid af sal gaste die Henk van Rooyen Park vind, wat 'n gemeenskaplike swembad, kiosk en mooi restaurante met rivier-uitsigte het. Daar is ook 'n kroeg met 'n platskerm-TV, 'n winkel, vulstasie en 'n bakery naby die eenheid.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Marianna Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 19
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Maroelaweg 548, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Cats Corner het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Maroelaweg 548, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang