Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cederkloof Botanical Retreat

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Streekspad R303, Koornlandskloofplaas, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cederkloof Botanical Retreat vorm deel van 'n werkende plaas 8 km vanaf Citrusdal. Dis op 'n stil, rustige plek in 'n pragtige vallei langs 'n wildernisarea geleë. Dié wegbreekplek is in 'n breë vallei tussen die berge en bied 'n uitstekende geleentheid om dié berge te verken op 'n 4 km lange voetslaanroete met eienaardige rotsformasies wat met mos bedek is en meer as 850 fynbosspesies wat honderde voëlspesies lok.

Die verblyf bestaan uit 11 goed toegeruste selfsorgkothuise wat in 'n kloof vol fynbos geleë is. Daar is 6 enkeleenhede met slaapplek vir 2, 4 dubbeleenhede met slaapplek vir 4 en nog 'n eenheid met slaapplek vir 8. Die luukse beddens is almal koninggrootte en het gehaltelinne. Die beddens kan in enkelbeddens omskep word op versoek. Al die kamers het en suite-badkamers met 'n bad of 'n stort.

Elke eenheid het dubbeldeure wat na die terras lei wat ideaal is vir skemerkelkies drink, 'n braaivuurtjie aansteek, of sterrekyk terwyl gaste in die privaat jacuzzi sit.

Die privaat jacuzzi's word met natuurlike bronwater gevul. Soggens kan gaste ontbyt in die buitelug geniet en die volop voëllewe en ander besoekers tussen die inheemse fynbos soos suikerbekkies, skoenlappers en naaldekokers bewonder.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 215 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Lanie J
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Lieflik en rustig, beste wegbreek.
Des 2024
Sonja V
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing wegbreek met pragtige views. Dit was amazing. Die staproetes is pragtig. Met die waterval.
Des 2024
Hein S
Saam met lewensmaat
5.0
Kalmte. Baie rustige wegbreek met baie in die omgewing om jou besig te hou.
Sep 2024
Mel P
Saam met lewensmaat
5.0
Uit ʼn ander wêreld, nedisyne vir die siel. Ons verblyf was uit ʼn ander wêreld, die stilte en natuur was iets wat mens net van hoor, maar nooit self de...
Sien meer
Sep 2024
Marna F
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie ligging, netjiese verblyf. Lekker koffie en vars lemoene in huisie. Dit was ons tweede keer by Cederkloof en was weereens heerlik.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lizette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 215

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Streekspad R303, Koornlandskloofplaas, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cederkloof Botanical Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 38 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Streekspad R303, Koornlandskloofplaas, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA95b2b967fae3f4531437a74a0a7d230f5ee5890611c1c437552650262ee7d6d0d80c581241ee3d9dbd9bd72625dd9953ebc8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2) 215 5 1 5 Regional Road R303 Koornlandskloof Farm 7340 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.675757721069 19.01089274107

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang