Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Chakas Cove Seaside Home from Home

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 43, Shaka's Rock, 4301, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Chakas Cove Seaside Home from Home bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerwoonstel met lieflike see-uitsigte. Die woonstel is op die grondverdieping van 'n veilige kompleks in Shaka’s Rock en het 'n uitsig oor die strand en getypoel.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en het 'n groot gras-area en direkte toegang tot die strand. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers, 1 is 'n en suite-badkamer. Die woonstel het bad- en stortgeriewe.

'n Oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea met see-uitsigte is beskikbaar. Die kombuis is met 'n yskas, oond en stoof, mikrogolf en 'n wasmasjien toegerus. In die sitarea is daar 'n TV met sekere DStv-kanale en die woonstel het lugversorging vir die warm somerdae. Daar is 'n skoonmaakdiens 3 keer per week en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea lei na 'n stoep met 'n grasserige area. waar gaste kan ontspan en die uitsig geniet. Gaste kan ook in die gemeenskaplike swembad swem. Die kompleks is 4,5 km vanaf Ballito Lifestyle Centre en 3.6 km vanaf Ballito Junction Regional Mall.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Nicky B
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekende diens en pragtige verblyf. Baie netjies, goed toegeruste huis met 'n pragtige see-uitsig. Die gasvrou was baie vriendelik en behulpsaam en...
Sien meer
Mrt 2024
Helene K
Gesin met klein kinders
5.0
Baie dankie vir alles, dit was heerlik. Baie oulike woonstel, goeie ligging en veilig. Baie dankie vir alles.
Jun 2023
Karen L
Gesin met klein kinders
4.6
Waarde vir geld. Ontspanne, veilig, pragtige uitsig.
Des 2023
Theo M
Gesin met klein kinders
4.6
Awesome vakansie. Baie lekker vakansie, wou hom verleng vir nog 2 nagte, maar ongelukkig was daar nie plek nie.
Jul 2023
Sarita V
Gesin met klein kinders
4.6
Haal asb. af dat daar 'n tuimeldroër is. Want daar is nie een nie en dit het baie dinge ongemaklik gemaak omdat ons baie mense is wat swem al die han...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Jenny Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 53

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Ocean-rylaan 43, Shaka's Rock, 4301, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Chakas Cove Seaside Home from Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 43, Shaka's Rock, 4301, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA034a04200c6968ada1350787671a3c3789821833e86958d4e90d8280a70be7db4a5389fa4faba8833bf0656d9d9258292cd8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 250 per nag (plek vir 6) 26 5 1 5 43 Ocean Drive Shaka's Rock 4301 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.514471695011 31.230899620867

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang