Chakas Place HL85
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Chakas Place, Kusrylaan, Chakas Rock, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 770 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Chakas Place bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n moderne woonstel met lieflike see-uitsigte van die balkon af. Die woonstel is op die tweede verdieping in 'n kompleks teen die strand in Chakas Rock geleë.
Dié woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer en die tweede en derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Linne word voorsien. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort. Badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n tuimeldroër in die motorhuis. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi. Die woonstel het plafonwaaiers en gaste het toegang tot 'n enkelmotorhuis. Daar is parkeerplek vir 'n tweede voertuig of besoekers in die kompleks. Gaste kan die braaigeriewe gebruik.
Die woonstel word van Maandag tot Saterdag skoongemaak. Toiletpapier, opwasmiddel en swartsakke word met aankoms voorsien. Rook word nie toegelaat nie.
Die verblyf is reg langs Shaka's Rock se strand. Dié gewilde strand spog met 'n getypoel waar gaste kan snorkel en 'n verskeidenheid kleurvolle visse en korale kan gewaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Ballito.net Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 34
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Chakas Place, Kusrylaan, Chakas Rock, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Chakas Place HL85 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Thompsonsbaai Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Chakas Place, Kusrylaan, Chakas Rock, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang