Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Chameleon Accommodation

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
3.9
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
3.9
Danie P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2020

Ons het soos altyd ons verblyf verskriklik baie geniet saam met Nardus en sy vriendelik en behulpsame personeel. Nardus is 'n fantastiese gasheer. Hy meng met al sy gaste en kan oor enige onderwerp lekker gesels. Ons was heel verras met die restaurant se spyskaart. Groot verskeidenheid om van te kies met billike pryse en die disse proe fantasties. Ek het my verstom met die lekker pasteie wat hulle self bak. Die bakster van Camelon gee Nanaga met hul pasteie groot kompetisie. Camelon se restaurant maak ook lekker pizza en Nardus het selfs 'n pizza winkel in die hoofstraat wat die lekkerste pizza maak. Baie dankie Camelon en al die personeel vir die baie lekker kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nardus
Chameleon Accommodation
Danie baie dankie vir pragtige review, dit beteken so baie in hierdie moeilik tyd waarin ons leef. Dankie my personeel is so gemotiveer na hierdie boodskap. Kyk mooi na julle self. Chameleon se deure altyd oop vir julle. Groete personeel.

Anonieme gas
1 nag Saam met vriende
1.8
Feb 2020

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
2.0
Nardus
Chameleon Accommodation
Jammer Willie, ek sal aandag gee. Die swembad is groen, ek erken dit. Ons het baie swaar weer gehad. Ek sal aandag gee aan die ander probleme.

Rodger G
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2019

Dit was stapafstand van die skool af waar ek moes wees. Ek was mal daaroor om in Chameleon te bly. Dit het 'n lekker atmosfeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nardus
Chameleon Accommodation
Thanks Rodger

Philip V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Nov 2019

Netjies en skoon. Chameleon is gunstig geleë, naby die Addo-olifantpark en ander besoekpunte. Nardus het baie moeite gedoen om na ons gerief om te sien en die ontbyt was elke oggend uit die boonste rakke. Baie dankie!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Konrad N
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Mrt 2019

Rustige atmosfeer. Was te kort daar om verdere kommentaar te lewer, lekker oorgeslaap.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Nardus
Chameleon Accommodation
Dankie lekker om aangename mense te ontvang.

Sonia D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.0
Mrt 2019

'n Mooie plek om by te bly vir wat ons nodig gehad het, wat akkommodasie naby die Addo Kabouga-hek was. Vriendelike en akkommoderende personeel en eienaar. Nie 4 ster, maar dit was skoon en netjies en voorsien alles wat ons benodig: mikrogolf, yskas en ketel, en baie gemaklike beddens. Die beurtkrag was 'n uitdaging, met die kragopwekker wat reg langs ons bed lê, maar dit het nie voor 8:00 begin of later as 9:30 aangehou nie. Ons sal weer na Chameleon toe gaan.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Nardus
Chameleon Accommodation
Thanks so much.

Johannes D
1 nag Saam met vriende
3.2
Okt 2019

Basic maar voldoende. DStv word geadverteer, maar sluit nie Sport kanale in nie? Vals advertensie. Kragpunte werk nie almal.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Louise C
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2018

Stil en rustig. Heerlike etes by die restaurant en 'n goeie nagrus. Sal beslis weer by Chameleon oornag!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nardus
Chameleon Accommodation
Altyd lekker om aangename mense te kan ontvang. Voorspoed vir 2019.

Charlene M
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2018

Alles was reg vir goeie verblyf. Ons is hartlik ontvang en die ruim akkommodasie met al die toerusting het ons verblyf heerlik gemaak. Met ons vertrek, is ons meegedeel dat die verblyf restoureer gaan word wat dit nog meer aantreklik sal maak!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nardus
Chameleon Accommodation
Baie dankie vir jou besoek. Dit is so lekker om goeie mense te kan ontvang.

Danie P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2018

Dit was soos paradys vir ons met die vriendelikste ontvangs deur Nardus en sy personeel asook die ander gaste met gerieflike toegeruste skoon kamers. Dit was soos paradys gewees. Ons was met aankoms deur 'n baie vriendelike Nardus en personeel ontvang. Nardus het ons ingelig oor die nodige en al ons normale kuier vrae beantwoord en ons sy kontak nommer gegee indien ons enige nood ens sou benodig. Die perseel is goed omhein en ons is 'n afstandbeheer gegee vir die hek indien ons wou uitgaan. Daar is veiligheidsligte om perseel se sekuriteit was tops. Dit was vir ons opmerklik die goeie verhouding tussen Nardus en sy personeel asook tussen gaste en Nardus. Ons kan net sê wow. Na ons ons bagasie in ons kamer gelos het, het ons lekker gaan ontspan in die kroeg met ander gaste en Nardus wat met almal saam gesels en geskerts het. Ons het die heerlikste ontbyt geniet voor ons vertrek huistoe en dit was met 'n baie seer hart gewees, want ons het so tuis gevoel. Ons beplan om gou weer te kuier saam met Cameleon.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nardus
Chameleon Accommodation
Baie dankie aan hierdie wonderlike mense. Julle sal altyd welkom wees.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Nardus Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 13 jaar

Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harrod-straat 25, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAba107072bc019632c36ed5fd577c230ccb4d56ee70e2802053ef81d4dde5f6470a2683e211c4f0f4866bed75541b2f655815?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 37 5 1 4 25 Harrod street Kirkwood 6120 Oos-Kaap 021 201 8901 11:00-19:00 10:00 -33.399625236637 25.445953309536

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang