Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Chardonnay Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middelvlei Landgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Chardonnay Cottage is 'n lieflike losstaande kothuis op die eienaar se perseel en bied gerieflike oornagverblyf in die hartjie van Stellenbosch op Middelvlei Wynlandgoed. Dit is sowat 4 km vanaf die middedorp en is die ideale keuse vir paartjies of sakereisigers.

Die kothuis bied gerieflike slaapplek aan 2 gaste en spog met 'n oopplan-slaaparea met 'n en suite-badkamer. Die slaaparea het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, yskassie, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook koffie- en teemaakgeriewe en 'n etenstafel met 2 sitplekke. Gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n privaat stoep waar gaste ná 'n besige dag kan ontspan. Daar is ook braaigeriewe, 'n gemeenskaplike swembad en parkeerplek op die perseel.

Chardonnay 2 is 'n knus, ongekunstelde kamer met 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die eenheid het 'n privaat ingang en is op 'n veilige, omheinde plaas, 4 km vanaf die dorp geleë. Kom geniet die rustigheid van die plaaslewe, naby Stellenbosch se geriewe.

Die eenheid langs die hoofplaashuis beskik oor 'n kombuisie, 'n privaat agterdeur wat na 'n braai-area lei en 'n voordeur wat na 'n stoep en gemeenskaplike swembad lei.

Gaste kan 'n gratis wynproe van Middelvlei se wyne geniet. Koffie, tee, suiker, melk, koekies en beskuit word voorsien. Gaste kry 'n afstandbeheerder vir die hoofhek en kan kom en gaan soos hulle wil.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wynproe
  • Swem

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.7
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
André D
Saam met lewensmaat
5.0
Hier kan mens lekker ontspan weg van die stad se gejaag en geraas. Vriendelike gasvrou. Skoon en netjies met alles wat mens nodig het. Rustige plaasat...
Sien meer
Nov 2024
Lizette K
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik! Rustige, veilige plaasverbly is baie goed geleë. Vriendelike diens en gasvry.
Okt 2024
Lizette K
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik! Ongelooflik lekker gebly. Skoon, netjies, swembad heerlik, pragtige braaigeriewe, vriendelike gasvrou. Goed geleë, maar stil, rustige plaas...
Sien meer
Okt 2024
Jacoline C
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly, mooi uitsig. Baie lekker gebly. Veilig en baie toegerus, met alles wat nodig is. Swembad was 'n groot pluspunt op warm middae.
Okt 2024
Sharmane M
5.0
Netjies, skoon en veilig. Ons het baie laat ge-arriveer, maar die gasvrou het ons mooi gehelp met waar ons moes wees. Alles was netjies en skoon en di...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Poenie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Middelvlei Landgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Chardonnay Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middelvlei Landgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdef4bae1abaaaffc8f473789ab1c873065a477ef61daa132a65ad14b7f75c675b5604bb5065398c4e4f66da8357a271c40ec?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 23 5 1 5 Middelvlei Landgoed Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.930529188746 18.833675570778

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang