Beach House Kusweg 411 - Charizomai
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kusweg 411, Tergniet, 6503, Wes-Kaap
- Vanaf R3 650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Beach House Kusweg 411 - Charizomai is 'n vakansiehuis teen die see in Tergniet in die MidBrak-area. Dié pragtige huis is ideaal vir vakansies en wegbreke teen die see. Dis geskik vir sakereisigers, vriende of 'n paartjie, of dalk 'n klein gesin met spesiale vergunning.
Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 ruim kamers op die boonste verdieping waarvan een 'n en suite-badkamer het. Die ander kamer langsaan is ingerig as 'n lekker kuierarea met 'n pragtige see-uitsig. Daar is 'n ruim oopplan-leefarea met 'n kombuisie en 'n eet- en leefarea op die onderste verdieping. Daar is braaigeriewe reg voor die huis met 'n uitsig oor Mosselbaai.
Die beskikbare slaapkamer op die boonste verdieping het 'n koningingrootte bed. Daar is ook 'n ekstra enkelbed in die ander vertrek indien gaste dit benodig. Die en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. Die oopplan-leefarea is op die onderste verdieping en sluit 'n basiese selfsorgkombuisie in wat met 'n yskas, stoof, oond en mikrogolf toegerus is. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die Premium-pakket is beskikbaar teen ekstra koste. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is langs die huis beskikbaar. Daar is ook 'n battery en omsetter vir gebruik tydens kragonderbrekings. Hierdie stelsel kan die TV en WiFi-versender aan die gang hou.
Die strand is net oorkant die pad en daar is 'n 50 m-houtpaadjie wat daarheen lei. Saans kan gaste Mosselbaai se liggies bewonder, en deur die dag kan jy swem, visvang en jou oë oophou vir die dolfyne wat dikwels in die branders baljaar. Tussen Junie en Oktober kom kalf walvisse ook in die baai.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
Eenheidgeriewe
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Gedeelde dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Dorette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kusweg 411, Tergniet, 6503, Wes-Kaap
- Gaste dink Beach House Kusweg 411 - Charizomai het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kusweg 411, Tergniet, 6503, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang