Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach House Kusweg 411 - Charizomai

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kusweg 411, Tergniet, 6503, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Beach House Kusweg 411 - Charizomai is 'n vakansiehuis by die see in Tergniet in die MidBrak-omgewing. Hierdie pragtige huis is ideaal vir vakansies en wegbreek by die see. Dis geskik vir sakereisigers, vriende of 'n paartjie, of dalk 'n klein gesin met spesiale toestemming.

Die dubbelverdiepinghuis het 2 ruim kamers op die boonste verdieping, waarvan een 'n en suite-badkamer het. Die ander kamer is ingerig as 'n lekker onthaalarea met 'n pragtige see-uitsig. Daar is 'n ruim oopplan-leefarea met 'n kombuisie en 'n eet- en leefarea op die onderste verdieping. Daar is braaigeriewe reg voor die huis met 'n uitsig oor Mosselbaai.

Die beskikbare slaapkamer op die boonste vloer het 'n koningingrootte-bed. Daar is ook 'n ekstra enkelbed in die ander kamer indien gaste dit sou verlang. Die en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. Die oopplan-leefarea is op die onderste verdieping en sluit 'n basiese selfsorgkombuis in wat toegerus is met 'n yskas, stoof, oond en mikrogolf. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die Premium-pakket is teen ekstra koste beskikbaar. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is langs die huis beskikbaar. Daar is ook 'n battery en omskakelaar vir gebruik tydens kragonderbrekings. Hierdie stelsel kan die TV en WiFi-roeteerder aan die gang hou.

Die strand is net oorkant die pad en daar is 'n 50 m-houtpaadjie wat daarheen lei. Saans kan gaste Mosselbaai se liggies bewonder, en bedags kan jy swem, visvang en jou oë oophou vir die dolfyne wat gereeld in die branders baljaar. Tussen Junie en Oktober kom walvisse ook in die baai om te kalf.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Gedeelde dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 12 resensies vir Beach House Kusweg 411 - Charizomai
Netheid
4.3/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Dorette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Kusweg 411, Tergniet, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach House Kusweg 411 - Charizomai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R3 650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kusweg 411, Tergniet, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk3NzYwNTQ2LTdkMmQtNDZiYi05OTllLWYyNGIzOTM2NDI4Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 650 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 411Kusweg Tergniet 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -34.0674048 22.1990567

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang