Charla on the Beach
Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 47, Welgelegen Woonstelle 607, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 800R1 530 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Geleë op die sesde verdieping van 'n hoë woonstelgebou aan die strandfront in Strand. Die woonstel het pragtige see-uitsigte en is maklik bereikbaar met trappe en 'n hysbak. Die kompleks bied 'n waskamer, braaigeriewe, 'n tennisbaan, asook veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer kyk uit oor die see en is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Gerieflikheidshalwe word linne, bad- en swemhanddoeke voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die kombuistoonbank dien ook as 'n etenstafel met kombuisstoeltjies en hierdie area strek verder na die sitkamer wat met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV gemeubileer is. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die groot vensters laat gaste toe om die see-uitsig te geniet.
Charla on the Beach is net 3,5 km vanaf Waterworld, 'n putt-putt-baan, asook verskeie restaurante, en is sowat 6 km vanaf Somerset Mall en die Strand Gholfklub geleë. Strand bied verskeie doendinge soos branderplankry, visvang, swem, sonsondergangvaarte, asook walviskyk in seisoen, en maklike toegang tot die Helderberg-wynroete.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jaco Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kusweg 47, Welgelegen Woonstelle 607, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Charla on the Beach het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Van Ryneveld Strand Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 47, Welgelegen Woonstelle 607, Van Ryneveld, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang