Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Charming Coastal Townhouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 124, The Majestic Village, Kalkbaai, 7975, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 954 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Charming Coastal Townhouse is 'n pragtig ingerigte meenthuis in The Majestic Village in Kalkbaai, Kaapstad. Hierdie eiendom is 'n ideale keuse vir vriende en familie wat op soek is na 'n rustige tuisbasis vanwaar hierdie kusvoorstad verken kan word.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek vir tot 4 gaste in 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Albei die slaapkamers is ingerig met koningingrootte-beddens. Die eerste slaapkamer het 'n volledige en suite-badkamer wat toegerus is met 'n bad, stort, wasbak en toilet, terwyl die tweede slaapkamer se en suite-badkamer 'n stort het. Kwaliteit linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar vir die gaste. Die oopplan-leefarea is ingerig met oorgenoeg gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.

Gaste kan 'n agtertuin met 'n etenstafel en braaigeriewe geniet, asook veilige parkeerplek op die perseel. Dié eiendom bied gaste toegang tot 'n gemeenskaplike swembad, 'n spa en 'n gimnasium. Verskeie plaaslike geriewe soos die strand, winkels en restaurante is naby.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Ligging

  • Hoofweg 124, The Majestic Village, Kalkbaai, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 954
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 954
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 124, The Majestic Village, Kalkbaai, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA205b7e1b3fc314d42de4b07da9937ac58d712eef0882a87e5eab1fd6fb3f4de1b2a7c9e018cb4355655cc72785d9cb3893d4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 954 per nag (plek vir 4) 124 Main Road The Majestic Village 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.126609806086 18.44785007473

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang