Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Charrie's Corner

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Liefste Maryn-singel 1, Pellissier, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R550 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Charrie's Corner bied gerieflike selfsorgverblyf en 2 gaste-kamers in Pellissier, 'n suidelike buitewyk van Bloemfontein. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers, en is naby die N1 geleë.

Dié selfsorg-eenheid het 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Albei slaapkamers het ingeboude kaste en beddegoed word voorsien. Daar is ekstra slaapplek op 'n enkelslaapbank. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Handdoeke en gratis toiletware word voorsien.

Charrie's Corner 1 is 'n gastekamer met 'n privaat ingang en stoep. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n wasbak. Die toilet is apart.

Charrie's Corner 2 is 'n gastekamer met 'n privaat ingang en stoep. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Charrie's Corner is naby die Windmill Casino, Checkers Hipermark, Pick 'n Pay en Training Edge-gimnasium geleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 328 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Johan N
5.0
Gemaklik en gerieflik. Een nag oorgebly. Die eenheid was skoon en netjies met alles wat nodig was. Personeel was tegemoetkomend om baie vroeër die een...
Sien meer
Des 2024
Luke B
5.0
Waarlik ons verblyf geniet. Ons het ons verblyf regtig geniet. Lucinda het ons so tuis laat voel. Sal definitief weer van hulle gebruikmaak.
Des 2024
Piet T
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Baie lekker - ongelukkig was die lugverkoeler buite werking.
Nov 2024
Maryke M
Saam met lewensmaat
5.0
Bosveld in die stad. Vreeslik lekker oornagplekkie in Bloemfontein. Waarde vir geld. Maklike in- en uitklok. Sal dit regtig aanbeveel.
Nov 2024
Ilona M
Saam met lewensmaat
5.0
Kon lekker ontspan na 'n lang dag se ry. Baie netjies, gerieflik en gemaklik hier oornag.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Charne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 328

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Liefste Maryn-singel 1, Pellissier, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Charrie's Corner het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 550
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 550
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Liefste Maryn-singel 1, Pellissier, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA30a881013b2cbd4ef5e2e85fdd1b82bac433cd2b1c14cbac06fd11d1bbf7f4021ba8e05b83594032aa1c86ff6ec536000fde?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R550 per nag, vir 2 mense 328 5 1 5 1 Liefste Maryn Cresent Pellissier 9301 Vrystaat 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -29.163709 26.177646

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang