Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Chawal @ Swartwitpens

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 2689, Swartwitpens, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Chawal @ Swartwitpens bied selfsorgverblyf in die hartjie van Marlothpark, waar koedoes, vlakvarke en ander wild op die voorstoep kom kuier. Dit is die ideale ligging vir gaste wat die rustigheid van die bos wil kom ervaar.

Hierdie huis is geskik vir 6 gaste en het lugversorging, 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Al 3 slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers maak gebruik van die tweede badkamer wat 'n stort en 'n toilet het.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, lugbraaier, basiese eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kombuiseiland dien ook as 'n etenstafel. Die leefarea het 'n bank, ekstra sitplek en 'n platskerm-TV, en daar is gratis WiFi. Die skuifdeure lei na die onderdakstoep wat buitemeubels, 'n swembad en 'n braai het. Gaste het toegang tot braaigeriewe en daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Hierdie verblyf is net 10 km vanaf die Krugerwildtuin se Krokodilbrughek vir gaste wat die besonderse natuur en wild van die area wil bewonder.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Simone Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 3

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 2689, Swartwitpens, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink Chawal @ Swartwitpens het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 2689, Swartwitpens, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA70e9b74116b6d2eea2a7e6b2f8dc621a608fc66db3be905444dd8b90141ebaada0a2221c298ff7e7ed9067de9bff8ca318dc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 2689 Swartwitpens 1340 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -25.3428 31.78905

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang